Sê groete vir pappa

Sê groete vir pappa
Автор книги: id книги: 1628888     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 558,78 руб.     (6,3$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Короткие любовные романы Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624055891 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Nadat Reino Vos se vrou, Chrisma, hom so onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat het, bedank hy as predikant; word hy doodgewoon meneer Vos – hoof van die Sonopkinderhuis. Dit is in dié hoedanigheid dat hy weer kontak maak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie sy Chrisma weggeloop het. Hoewel aanvanklik bitter teensinnig, willig Rita weldra in om as huismoeder in die kinderhuis op te tree en begin ’n innige vriendskap mettertyd tussen haar en Reino groei. Maar toe die nuwe dogter, Madelyn le Roux, tot die kinderhuis toegelaat word, verander alles asof oornag; ontaard hul rustige, beskermde bestaan in ’n nagmerrie, en verloor Rita alle hoop om ooit weer tot Reino deur te dring . . .

Оглавление

Ena Murray. Sê groete vir pappa

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

Отрывок из книги

Sê groete vir Pappa

Ena Murray

.....

En vanaand soen hy haar die eerste keer … Wat lê daaragter? Was dit omdat hy so na haar verlang het soos sy na hom? Het hy haar gemis soos sy hom gemis het? Of was dit maar net ’n gebaar van sy kant teenoor ’n konsensieuse huismoeder op wie hy geleer het om te vertrou en op wie hy dikwels swaar steun? Soos nou ook met die geval Madelyn le Roux? Hy het geneig geraak om dogters by wie hy probleme verwag, by haar te plaas.

Sy sug en stap na binne. Sy is nie die soort vrou wat ’n man openlik kan wys dat sy vir hom omgee nie. Met Reino sal dit vir haar haas onmoontlik wees, veral ná alles wat sy destyds teenoor hom kwytgeraak het. Die eerste beweging sal van sy kant moet kom. Was daardie vlugtige soen vanaand dít? Sy moet glimlag toe sy bewus word van die klop van haar hart, van ’n vae, dowwe pyn. Om lief te hê is om seer te kry … en sy kry vanaand weer seer … maar wat ’n wonderlike seer! Tog … tyd gaan so vinnig verby … Sy was agtien toe sy getroud is. Sy was pas negentien toe Edna gebore is. Edna was twee … sy is nou amper sestien. Oor ’n week sestien. Dis byna veertien jaar … Sy is nou vyf-en-dertig. Reino is ses-en-veertig. Die jare stap aan …

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Sê groete vir pappa
Подняться наверх