Errol Tobias: Suiwer Goud

Errol Tobias: Suiwer Goud
Автор книги: id книги: 1629600     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1229,32 руб.     (13,7$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Биографии и Мемуары Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624071907 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Errol Tobias se insluiting in die Springbokspan was dadelik omstrede. In 1980 word hy ons eerste swart Springbok-rugbyspeler – te midde van internasionale sport-isolasie en groeiende protes weens die regeringsbeleid. In Errol Tobias: Suiwer Goud vertel hy openhartig van sy sportloopbaan: vanaf sy kinderdae tot die groot oomblikke in die Groen-en-goud, die vreugdes, die verlies, en die omstredenheid. Die waarheid agter legendariese en berugte rugbywedstryde word onthul, soos die Suid-Amerikaanse toer waar Tobias 'n wêreldrekord gebreek het, en die rampspoedige Nieu-Seeland-toer waar protesaksie teen die Springbokspan oorweldigend geword het. Hy skryf oor sy hegte vriendskap met mede-Springboklegende Rob Louw, en die onwrikbare ondersteuning van Danie «Dok» Craven. Hier is ook Tobias se mening oor vandag se kwotastelsels. Baie ander mense het al hul opinie oor Errol Tobias en sy rol in Suid-Afrikaanse rugby gelewer. Hier is sý kant van die saak.

Оглавление

Errol Tobias. Errol Tobias: Suiwer Goud

Отрывок из книги

Errol Tobias: Suiwer Goud

Dit was ’n geskiedkundige dag toe die Suid-Afrikaanse Rugbyfederasie onder aanvoering van Cuthbert Loriston en sy komitee besluit het om nouer bande met die Suid-Afrikaanse Rugbyraad te smee en te eis dat mededinging en spankeuses suiwer op meriete geskied en ook op skool-, klub-, provinsiale en nasionale vlak geïntegreer word. ’n Maklike pad was dit nie, maar die Federasie se geloof in sy mense en die gehalte rugby wat hulle speel was allermins misplaas.

.....

Vir sommige het die prys van vriendskap met Suid-Afrikaanse rugby te duur begin word. Selfs jarelange tradisionele rugby-vriende het begin terugdeins van kontak met Suid-Afrika. Die wedstryd teen Skotland in 1969 was Suid-Afrika se laaste vir bykans 25 jaar teen die Skotte. Dié teen Wallis die laaste vir nagenoeg 24 jaar. ’n Springbok-span sou eers weer in 1992 welkom wees om in Engeland voet aan wal te sit.

Druk van dié aard het tot nog geringe toegewings gelei. Roger Bourgarel, die Franse vleuel, het in 1971 byvoorbeeld die eerste swart speler geword wat toegelaat is om in Suid-Afrika teen die Springbokke uit te draf. (Hy het ook diegene wat vas geglo het swartes is nie goed genoeg om teen wittes mee te ding nie op hul neuse laat kyk deur hul held, die veel groter Frik du Preez, op die hoekvlag plat te trek.) Maar geringe toegewings was lankal nie meer genoeg nie.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Errol Tobias: Suiwer Goud
Подняться наверх