Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Автор книги: id книги: 1629133     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1788,1 руб.     (19,42$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Публицистика: прочее Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780798164474 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange.
Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos “Die pad na Mafeking”, “Die Rooinek” en “Makapan se grotte”, en ook Voorkamerstories soos “Skoolkonsert” en “Geboortesertifikaat”. En in beroemde stories soos “’n Boere-Rip van Winkel” en “’n Ou Transvaalse verhaal” hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins.
Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos “In die skadu van die withaak”, “’n Bekkersdal-marathon” en “’n Besoek aan Blikkiesdorp” in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot ’n aantal essays wat nog nie voorheen in ’n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.

Оглавление

Herman Charles Bosman. Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

VOORWOORD

MARICO, ’N TERUGKEER

MAKAPAN SE GROTTE

DIE ROOINEK

NOOI VAN DIE VELD

DIE MUSIEKMAKER

DIE PAD NA MAFEKING

STERLIG OP DIE VELD

PRAG EN PRAAL OP RAMOUTSA

DIE PROFEET

SAAITYD EN OESTYD

KOMS VAN DIE KOMEET

GESNEDE BEELTENIS

TOT STOF

BEGRAFNISGROND

PERSKES WAT RYP WORD IN DIE SON

DIE BEGROTING

NUUS

SKOOLKONSERT

GEBOORTESERTIFIKAAT

DIE AFFÊRE BY YSTERSPRUIT

’N BOERE-RIP VAN WINKEL

DIE OSRIEM

’N OU TRANSVAALSE VERHAAL

DIE HERKEN-BLUES

VOORWOORD

AVONTUUR

HUMOR EN PITTIGHEID

DIE DILETTANT

DIE DROSTER

VOORSPEL TOT “MARA”

DIE HERKEN-BLUES

KONINKLIKE OPTOGTE

LEIER VAN ’N ROWERBENDE

ROSSER

TEX FRASER SE STORIE

JIM FISH

’N BESOEK AAN BLIKKIESDORP

OU-KAAPSE SLAWERELIEKE

WITPOORTJIE-WATERVAL

POLITIEK EN LIEFDE

NUWE OUDERLING

SKAAM JONGKÊREL

IN DIE SKADU VAN DIE WITHAAK

MARICO-MAAN

HESTER VAN WYK SE STORIE

DIE SELONSROOS

’N BEKKERSDAL-MARATHON

PLAASLIKE KLEUR

GEHEIME AGENT

RYSMIER

LAG, HANSWORS, LAG

TEOLOGIESTUDENT

OP SOEK NA ’N ONDERWERP

OM TE SKRYF

Отрывок из книги

DIE BESTE VERHALE EN HUMOR VAN HERMAN CHARLES BOSMAN

Sterlig op die veld

.....

“Natuurlik sal hy terugkom,” antwoord ek. Maar dié keer weet ek dat ek lieg. Want toe ek deur die bek van die grot loop, het ek geskop teen die kaffer wat ek vroeër daar geskiet het. Die liggaam het op sy sy gerol en ek het die gesig gesien.

Toe, die jaar ná die droogte, breek miltsiekte uit. Dit lyk of die siekte in die gras op die veld is en in die water in die damme, en selfs in die lug wat die vee inasem. Ek kom oral op dooie koeie en osse af. Ons is almal moedeloos. Amper almal in hierdie deel van die Marico het begin boer met wat die regering ons uitbetaal het. Noudat die vee gevrek het, het ons niks oor nie. Eers het die droogte ons teruggeslaan na waar ons begin het. Nou, met die miltsiekte, kan ons niks doen nie. Ons kan nie eers mielies saai nie, want teen die tempo waarteen die vee vrek, sal ons binnekort geen osse oorhê om die ploeg te trek nie. Mense begin praat oor alles verkoop en op die goudmyne werk soek. Ons stuur ’n petisie aan die regering, maar dit help niks.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Подняться наверх