Sirkus

Sirkus
Автор книги: id книги: 1629819     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 817,27 руб.     (9,18$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Ужасы и Мистика Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780798174428 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op ’n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chronies siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn beland. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Ver weg van alles wat bekend en veilig is, leer Adriana waartoe sy in staat is. Bowenal leer sy dat niemand, ook nie sý nie, ooit heeltemal onskuldig is nie.

Оглавление

Irma Venter. Sirkus

ADRIANA. 1. Londen, April 2001 “Jy’s laat.” Ek skuif my handsak na my voete sodat Boris op die stoel langs my kan sit

RANNA. 1. Kaapstad, vandag “Dis ’n kleinerige huis, maar die kombuis is lekker groot. Die vrou wat die huis laat bou het, is mal oor bak.”

2. Johannesburg, vandag

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Ek leun by die kombuisdeur uit om seker te maak ek sien reg. “Van wanneer af is hier kraaie in die tuin?”

Ek skink vir my ’n tweede whiskey. Ignoreer die kelners wat verbaas na my kyk, Zenani wat boodskappe stuur dat ek kombuis toe moet kom

2. Johannesburg, vandag. Die metropolisiebakkie agter my draai links af. Die silwer BMW met sy twee insittendes skuif na die regterbaan en glip verby. Ek asem stadig uit

3. Johannesburg, vandag. Ek wil nie die oproep na Boris maak nie, maar ek kan nie langer uitstel nie. Ek is weg by Crow’s sonder om vir hom te sê wat aangaan

RANNA. 1. Johannesburg, vandag. Volgende keer as Alex alleen die pad vat, gaan kuier ek vir Sarah. Of ek gaan boek by ’n hotel in. ’n Vyfsterhotel waar ek ’n spa­behandeling kan kry. ’n Heerlike, lang massering wat al die knope in jou skouers laat losskiet. ’n Plek met kamerdiens en mojito’s met vars pepermentblare wat in lang glase by die swembad bedien word

’n Hoeksteen van rooskleurige marmer verklaar dat mevrou Hester de Bruin die eerste sooi vir die gebou voor my gespit het. Dit sê nie wie sy was nie

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Dis spitstyd en die verkeer op pad lughawe toe is swaar. Volgelaai­de vragmotors kruie in die twee linkerbane van die vierbaansnelweg en alles wat net effe vinniger beweeg, probeer dit verbysteek

ADRIANA. 1. Johannesburg, September 1986 “Eina!” Die vrou langs my krimp ineen toe Jonas “The Hammer” Gumede ’n derde hou teen die ken kry. Sy kop ruk eenkant toe, sy oë dof. Sy skud haar kop. “Brian Mitchell he ain’t.”

2. Johannesburg, Oktober 1987 “Jou gewrig moet vinniger wees.” Daisy staan hande in die sye. “Jy moet soos water wees. Dit moet één gladde beweging wees, grasieus en vloeibaar.”

RANNA. 1. Pretoria, vandag “Ek sal ’n afspraak maak,” stry ek. Rek my treë om by Liesbet Fey by te hou. “Volgende week is goed.”

ADRIANA. 1. Johannesburg, Junie 1988 “Addie, kom nou!” Sandra se stem sny skril deur die donker

2. Johannesburg, Julie 1989 “Hier.” Die Hollander leun oor my en sit die teekoppie voor my neer. Hy gooi melk by, te veel suiker, roer met sy lang, maer vin­gers. “Drink. Jy sal beter voel.”

3. Johannesburg, Augustus 1989. Ek lê en luister na die voetstappe in die gang, stadig en versigtig om niemand te steur nie

4. Johannesburg, November 1989. My ma se asemhaling is rustig. Sy slaap in ’n bondel, op haar sy, haar linkerhand onder haar kop en haar regterhand op my pa se leë plek. Hy is al weer in die garage

Die dag se laaste lig breek rooi en oranje tussen Hillbrow se woon­stelblokke deur. Die strate is raserig en besig. Mense van elke kleur en taal kom huis toe of maak reg om uit te gaan

“Dit was nou lekker.” Oom Tiny lig sy glas. “Op Adriana.”

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Dis onnatuurlik stil in die riete. ’n Paar rooivinke klou kordaat aan die wuiwende groen stele. Hulle roer nie, kyk net stip na my

RANNA. 1. Pretoria, vandag. Adriana antwoord nie haar foon nie. Ek kyk op my horlosie. Sy vlieg nog nie. Ek tik vinnig ’n boodskap om haar te vertel wat gebeur het en klim in die Hilux

ADRIANA. 1. Johannesburg, Desember 1989. Ek hoor die klop aan die deur bo die geruis van stemme. Ek is in die kombuis, besig om ’n derde rondte tee te maak vir die laaste begrafnisgaste wat nie wil loop nie, sulke stram, ongemaklike mense

2. Johannesburg, Desember 1989. My ma se asemhaling is diep en rustig, soos ek gedink het dit sou wees. Sy het twee slaappille saam met haar tee gesluk voor sy kamer toe is. ’n Oproep vroeër van ’n Fourie-vrou het haar baie ontstel. Ek het nie gevra wie of wat sy is nie. Mens kan ook net soveel op een dag vat

3. Johannesburg, Januarie 1990 “Dankie, my hartjie,” sê die vrou met die silwer bolla

Sandra vryf oor haar maag, waar sy kla haar vel jeuk soos die baba groter word. “Ek’s bleddie moeg, dis hierdie hitte. Jy?”

Dis ’n kasteel van ’n huis, hoekig en liggrys met groot vensters, netnet sigbaar deur die bome op die sypaadjie. Die erf is seker so groot soos ’n rugbyveld. Die mure is so hoog, ek kan net die huis se boonste verdieping sien

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Die metropolisiebakkie stoei deur die spitsverkeer. Ek skat ons het in Marlboro-rylaan aangehou en op die M1-suid geklim. Ons ry seker stad toe, stroomop teen die middagverkeer

RANNA. 1. Pretoria, vandag. My foon lui. Dis Boris. “Ek’s amper by Sarah. Waar’s jy?” vra hy

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Ons sit terwyl die dag verdwyn en dit aand word. Dalk selfs in ligrooi uitbloei en nag word. Ek weet nie. Die vertrek laat niks meer as veraf geluide in nie en Yasen praat nie ’n woord nie

RANNA. 1. Johannesburg, vandag. Die GPS-koördinate van Liesbet se foon neem my verby die Universiteit van Johannesburg en die Helen Joseph-hospitaal, tot in Coronationville met sy vierkantige sinkdakhuise, lae tuinmure van sement, droë grasperke wat sukkel in die hitte, tweespooropritte en diefwering wat sê niemand se goed is hier veilig nie

ADRIANA. 1. Wes-Berlyn, Februarie 1990. Dit reën al weer. Koue druppels sif deur die bome in die Tiergarten. Ten minste is dit nie te koud nie. Eenuur in die middag en agt grade Celsius – blykbaar is dit warm vir ’n Duitse winter

2. Wes-Berlyn, Februarie 1990 “Nein, nein, nein.” Claudia slaan haar hande saam. “Sit regop. Regop!”

Claudia knik tevrede. “Wat dink jy?”

3. Wes-Berlyn, Februarie 1990. Kabarett lyk en ruik soos Roxy’s in Hillbrow, en tog ook nie. Die parfuum en naskeermiddel wat aan als kleef, wat aand ná aand deur die gaste die groot, donker vertrek ingedra word, is duurder, nes die whiskeys op die rak. En die meubels, styfgevoude servette en wit tafeldoeke is van beter gehalte, al lyk dit dieselfde

4. Wes-Berlyn, Maart 1990. Daisy lyk asof sy tuiskom toe sy van die vliegtuig af stap, hare nog effe verslaap. Sy leun oor en soen my op die wang

RANNA. 1. Johannesburg, vandag. Ek volg die Golf uit Johannesburg op dieselfde roete soos ek ingekom het, verby Helen Joseph en die universiteit, in die rigting van die M1. Dan verloor ek die rooi motor in Empireweg in die harwar van ’n stukkende verkeerslig

Ek parkeer net om die hoek van Adriana se woonstelblok toe my foon lui. Dis Boris, dankie tog

2. Pretoria, vandag. Tiny staan soos altyd agter die kroegtoonbank, besig om glase skoon te vryf. Agter hom, op ’n plasmaskerm-TV, speel die Proteas krieket teen Engeland, maar dit lyk nie asof hy veel belang­stel nie

Sarah kom in saam met ’n gespierde man met ’n borselkop. Seker haar oppasser. Sy beduie hy moet by ’n ander tafel gaan sit en trek die stoel langs Tiny uit. Begin dadelik eet aan die hamburger en Coke wat gereed staan

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag “Hier. Dis van Black Coffee.”

Die grys Range Rover ry deur Sandton. Ek herken die omgewing: Grayston-rylaan. Ons stop by ’n oranje verkeerslig

RANNA. 1. Hartbeespoortdam, vandag. Jakkals Schutte was nie verbaas om die naam Yasen Todorov te hoor nie. En hy is bereid om met my te praat, al is dit byna middernag. Ek ry Hartbeespoortdam toe, met Sarah wat langs my op haar rekenaar sit en werk

ADRIANA. 1. Wes-Berlyn, April 1990 “Twee espresso’s, asseblief, Boris.”

“Adriana!”

2. Wes-Berlyn, April 1990. Die buiging is soos Daisy my geleer het. Halflyf, sodat ek my aan­dag op die gehoor kan hou. Hulle belangstelling en verwagtinge kan meet

3. Wes-Berlyn, April 1990. Vierhonderd mark om ’n paar messe te gooi. Dis baie meer as wat ek in een aand kan verdien deur ryk mense se kos en drank aan te dra. Ek druk dit in my handsak

4. Wes-Berlyn, Mei 1990. Dis verskriklik baie geld. Meer as wat in die Hollander se gereed­skapkis was, as wat ek nog ooit gesien het

Die vlug is leër as wat ek gedink het. Dalk is mense bang om SuidAfrika toe te gaan, oor die halssnoermoorde in die townships en die AWB wat dreig om die land aan die brand te steek

5. Johannesburg, Mei 1990. Die vliegtuig se deur gaan oop en die passasiers skuifel uit. Ek haal my tas uit die oorhoofse rak. Maan myself om geduldig te wees en nie toe te gee aan die begeerte om dadelik my sonbril op te sit nie

6. Johannesburg, Mei 1990 ’n Ou man in ’n roomkleurige reënjas, swart fes op die kop, sluit die winkel oop en loop met skuifeltreë in. Hy sit die ligte een vir een aan, tot ek vyf groen-en-wit barbierstoele kan tel. Volgens die bord teen die muur is dit Chhagan Cgopal van die Majestic Barbershop in Fordsburg. Yasen het gesê die materiaalwinkel waar ek die geld moet ruil, is straatop van die Majestic

“Sewentig persent,” sê Feroza. “Dis al wat ek kan bekostig.”

Vusi Mkhize tel die geld. Dit neem lank – langer as wat dit Feroza en haar seuns in Fordsburg gevat het

7. Johannesburg, Mei 1990. Die Four Seasons gaan agteruit. Die eienaar is Australië toe, bang die Kommuniste kom vat als wat hy het, sê die sjef, nog dieselfde orige mannetjie van vroeër. Die nuwe eienaar vat glo kortpaaie. Dieselfde pryse, maar laer gehalte kos

Ek stoot die hekkie oop. Ek het gehoop almal sou reeds weg wees, maar die huis is nog steeds raserig en besig

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Ek het Liesbet nog net drie keer tevore gesien. Die eerste keer was in Londen, en toe later in Swakopmund, toe sy haar verjaarsdag saam met haar skoolvriende op die strand gevier het

RANNA. 1. Hartbeespoortdam, vandag “Zenani het gebel. Sy sê Tiny sal tot môre by haar bly.”

Jakkals vang my by die voordeur toe ons uitloop om te ry

ADRIANA. 1. Wes-Berlyn, Junie 1990 “Ons moet vroeër opgaan.” Boris leun by die aantrekkamer in

2. Wes-Berlyn, Junie 1990. Die somersdag draal in sagte lig deur die bome tot op die sypaad­jie. Mense drentel op straat asof hulle nie huis toe wil gaan nie. Die kroeë en restaurante is vol. Kabarett seker ook

3. Wes-Berlyn, Junie 1990. Die huis is donker toe ek daar aankom. Gewoonlik sit Claudia dié tyd van die aand en musiek luister. Ek maak die voordeur saggies oop, trek dit agter my toe. Asem die lug en die vreemde stilte in. Snaaks wat mens aanleer as jy begin oplet. As jy agterdogtig en bang raak

4. Wes-Berlyn, Junie 1990. Ek is oombliklik wakker

5. Wes-Berlyn, Junie 1990. Claudia is dood

RANNA. 1. Johannesburg, vandag. Die gebou wat oorkant Adriana se woonstelblok verrys, is nog net kwartpad voltooi. Volgens die advertensiebord langs die chroom-en-glas-fasade is dié betongeraamte ’n bekende ouditeursfirma se monument vir kapitalisme

ADRIANA. 1. Wes-Berlyn, Junie 1990 “Adriana?”

2. Wes-Berlyn, Junie 1990. Die son is warm. Die sweet tap my af, brand in my oë en versamel in die holte van my rug. Ek kan bloed op die sement hoor drup, aanhoudend, reëlmatig

3. Wes-Berlyn, Junie 1990. Die Hollander sou sê daar is ’n God. Ek stem saam

In die kombuis drink ek die laaste lemoensap in die yskas. Sluk my naarheid en eet twee snye ou brood. Vee die bloedmerke wat ek gelos het met ontsmetmiddel af

Ek klim uit die taxi, trek die sweetpakbaadjie reg en loop so vinnig as wat ek kan Kabarett toe. Dis oggend en die klub het nog nie oopgemaak nie

4. Wes-Berlyn, Junie 1990. Die lug ruik verkeerd. Steriel en stowwerig. Soos Dettol en ou boeke

5. Bulgarye, Junie 1990 “Ek kan dit nie glo nie.”

6. Sofia, Junie 1990. Boris wag by ons tasse terwyl ek die soveelste maal Suid-Afrika toe bel

7. Sofia, September 1990. Die applous eggo deur die sirkustent. Ek buig diep. Beduie na Boris wat die mes bokant sy kop uit die hout trek en ook sy buiging maak

8. Varna, November 1990 “Adriana.”

9. Sofia, Maart 1992. Sy is perfek. Elke haar op haar kop. Tien tone, tien vingers en ronde appelwange wat rooi uitslaan van die koue. My neus, ek sweer. En my hardkoppigheid. As sy nie wil nie, sal niks of niemand haar anders oortuig nie

10. Sofia, Maart 1992 “Adriana!” roep die sjef, ’n Oekraïner van diep in die vyftig. “Foon.”

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag

2. Johannesburg, vandag. Ek het vyf minute om totsiens te sê. Dit was Yasen se presiese woorde voor hy Liesbet se muilband afgehaal en kamer toe verdwyn het: totsiens sê

3. Johannesburg, vandag “Ek weet dis ’n besige dag, maar kom sit eers. Ek het ’n verras­sing vir jou.” Yasen beduie na die eetkamertafel, praat asof ons ou vriende is

RANNA. 1. Johannesburg, vandag “Ons moet vir Tiny bel,” sê ek. “Hy kan mense stuur om te kom help.”

2. Johannesburg, vandag. Ons wag straatop terwyl Adriana uitklim en die taxibestuurder be­taal. Die voertuig verlaat die perseel. Sy praat met die seku­ri­teits­wag, en loop dan in. Die hek bly oop. Niemand volg haar nie

“Ek het nie baie tyd nie.”

ADRIANA. 1. Parys, Mei 1993. Dis bedompig. Die Seine se eindelose rimpeling van donker water volg my soos ek in die straat af loop. Ek trek my natgeswete T-hemp weg van my lyf, wens vir die soveelste keer vir ’n koel bries

2. Parys, Mei 1993. Dis ’n soel aand, met die ergste van die dag se hitte verby. Die wind wat van die Seine af waai, proe effe sout op my lippe. Die Champs-Élysées se liggies wink regs van my, en as ek mooi tussen die geboue deur mik, kan ek die punt van die Eiffeltoring sien

3. Johannesburg, Augustus 1993. Iets gebeur, en dan gebeur nog iets. Nie iets soos ’n klippie wat jy gooi dat dit drie, vier keer op die water bokspring en die rimpe­lings uiteindelik verdwyn nie. Nee, iets wat voortdurend skaaf en skaaf teen jou. Wat jou vel dun maak, die bloed amper sigbaar: polsend, onrustig, honger

4. Johannesburg, November 1997 “As ons die woonwa om die hoek skuif, sal ons beter doen.” Ek sit die sakrekenaar neer. “Die konstruksiespanne wat by die Rand Club werk gaan verby ons moet loop voor hulle die kafee sien, en as ons warm kos het, sal hulle stop. Dit maak nie eers saak as ons dieselfde prys vra nie. Ons is nader, die mans is honger en hulle tyd is min. En ons kan nog steeds die mense van die taxi rank ook vang.”

Die huis in Pretoria se Moot is vierkantig, met ’n rooigeverfde stoep. Honde blaf in die agtertuin toe ek die hek oopstoot. Daar is geen beddings voor nie, net gras – perfek gesnyde kikoejoe

5. Johannesburg, Augustus 2000 “Mens eet die laaste sop met die bord effe vorentoe gelig, weg van jou gekantel.”

Byron Radclyff se kantoor is op die vyftiende vloer van ’n blink, nuwe gebou in Sandton, twee vloere onder die uitvoerende komitee se suites, sê ’n bord in die foyer

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag “Is die filet in? En die salm? Die Noorweegse salm, nie die forel nie. Alfred hou nie van forel nie.”

Dis moeiliker om die nommer te skakel as wat ek gedink het. Ek het lank gewonder of ek moet bel, maar ek is op ’n plek waar die opsies dun gesaai lê

2. Johannesburg, vandag

RANNA. 1. Johannesburg, vandag “Middag, Fani,” groet ek die deurwag by Adriana se woonstelgebou

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag “Adriana, hallo.” Katlego stap nader en soen my vinnig, lig op die wang. “Verskoon tog, ek was in die gym.”

“Hey, waantoe gaan jy?” Shaquel kyk op van sy foon

RANNA. 1. Johannesburg, vandag. Boris se selfoon piep skaars hoorbaar. Ek kyk op my horlosie. Dis sesuur

ADRIANA. 1. Johannesburg, Oktober 2000 “Daar’s moeilikheid.”

2. Johannesburg, Maart 2001 “Adriana?”

“Wat wil jy eet?” Zenani lyk omgekrap oor die vreemdeling wat ek sommer net so ingenooi het

Ek gooi die skuurpapier neer en sit moeg agteroor. Nog net hier­die hoek, dan kan ek die vloer seël

Die volgende oggend ry ek winkels toe. Koop ’n enkelbed, duur katoenlakens en wit beddegoed. Boris is mal oor wit linne, hoekom weet ek nie. Dalk omdat dit nie praktiese kinderhuiskleure is nie

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Ek gooi die béarnaisesous in ’n silwer Carrol Boyes-potjie. Kyk in die weerkaatsing van die staalyskas hoe Shaquel opstaan, seker maak sy pistool is gelaai, weer gaan sit. Sy kop met die oorfone beweeg heen en weer, die harde musiek hoorbaar tot hier

RANNA. 1. Johannesburg, vandag. Donderweer galm oor die gebou. Ver weg kan ek die verkeer se dreuning hoor, die driftige geskel van toeters

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Ek wens ek was langer. Kon langer treë gee

RANNA. 1. Johannesburg, vandag “Kry vir Liesbet,” herinner Boris my gedemp. “Los Yasen vir my.”

ADRIANA. 1. Johannesburg, vandag. Ek stamp die voordeur oop en storm die foyer binne. Stop toe my kop begin draai, die lug in my longe skielik te min

2. Johannesburg, vandag. Vyftiende vloer, sestiende … Die stilte raak swaarder, dis net my asem wat jaag

3. Johannesburg, vandag “Jy was so bang daai eerste aand op die verhoog, onthou jy? En Boris se knieë het gebewe, al wou hy dit nie wys nie.”

4. Johannesburg, vandag “Sê weer? Veral die laaste deel.”

RANNA. 1. Johannesburg, vandag “Alex gaan seker eers teen middernag hier wees.” Ek staan op, neem nog ’n ham-en-kaastoebroodjie van die bord wat Zenani hier neer­gesit het voor sy huis toe is

ADRIANA. 1. Pretoria, vandag “Ons Vader wat in die hemel is …”

2. Hartbeespoortdam, vandag “Wat ’n gemors.” Boris sit die gereedskapkis neer en kyk om hom rond. “Polisie?”

RANNA. 1. Pretoria, vandag. Alex het gewig verloor. ’n Week in Sirië en dit lyk asof hy maande laas geëet het

BORIS. 1. Johannesburg, vandag. Yes, daar is Floyd Mayweather en Muhammad Ali. En Brian Mitchell en Corrie Sanders en Mike Tyson. Maar dan was daar Gerry Cooney

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op ’n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chronies siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs

Ander boeke deur Irma Venter, ook beskikbaar as e-boeke:

Отрывок из книги

Irma Venter

Human & Rousseau

.....

“Adriana, is jy okay? Moet ek inkom? Ek het reeds die kameras geskuif dat ek julle in die oog het.”

“Vergeet van ons. Themba het twee lyfwagte in die tuin, hou hulle dop.”

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Sirkus
Подняться наверх