Verbeel jou dis somer
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Abraham H. de Vries. Verbeel jou dis somer
Woede
Ode aan ’n ou man. wie se strate oor hom treur
Winternag
Leë hande
Storm
’n Gesiene boer vertel
Ons dorp
Staan poppie staan
Отрывок из книги
Verbeel jou dis somer
Abraham de Vries
.....
Iemand het later aan die deur geklop, die fles koffie ingebring wat ek bestel het vir die pad. Voor dit nou verder staan en koud word hier in die helder oggendlug: o ja, ek weet daar is ander paaie, ander dorpe, daar is ’n ander Karoo moontlik, ons het dit nie versin, gedroom onder die verlammende gevoel van skuld nie. Wat het so gou dáárvan geword? Is dit dan tóg wêreldsgang (ook sy woord): dat dié wat eens ook magteloos en driftig en onverdraagsaam was nou die verval toelaat? (ontken? gebruik?)
Toe ek netnou in die stil hoofstraat afry – die hele dorp het nog vol hoeke en stilte in die Karooveld se yskoue skaduwees gelê – het ek duidelik gewéét: iewers in my is daar iets wat weier om saam met hierdie land in sy moer te gaan.
.....