Maar wie snoei die rose in die nag?
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Abraham H. de Vries. Maar wie snoei die rose in die nag?
Agter nege passe
Die ander lig
My onpaar ooms
Om oom Kino te onthou
Toeval is ’n afdraaipad
’n Graaf vir ’n links mens
Spookstorie
Vendusie
Moerbeijellie
Waar op aarde is my sleutels?
Twee vrouens
Oor goeterse en woorde
Отрывок из книги
Abraham H. de Vries
Maar wie snoei die rose in die nag?
.....
Ja, o ja, ek ken dié klipdroë wêreld waarvan al die kontoere, heuwels en dale, berge en klowe duisende jare gelede gevorm is deur water. Maar my aangebore nuuskierigheid lei my telkens weer in ’n landskap in vol geheime, met mense vol raaisels.
Dié swerwer wat die nag by Sarel Marais-hulle op hul plaas oorgebly het, soos vele voor hom. Sarel-hulle was Christenmense in doen en late en het die man aandete en ’n slaapplek aangebied. Maar dié vreemdeling was anders: Sy klere was vuil, sy skoene afgeloop, maar hy’t ’n manier van dinge sê gehad wat Sarel en Meisie, sy vrou, laat dink het hy is aan beter gewoond.
.....