Dis ek, Anna: die volle verhaal (filmuitgawe)
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Anchien Troskie as Elbie Lötter. Dis ek, Anna: die volle verhaal (filmuitgawe)
Voorwoord
Nawoord
Erkennings
Oor kindermolestering
Bronne
Отрывок из книги
Anchien Troskie as Elbie Lötter
Dis ek, Anna
.....
Ek het daardie selfde nag, dit moet ’n Vrydag gewees het, hulle het tog net naweke na ons toe gekom, wakker geword toe my bene begin ruk, toe die lamheid deur my lyf trek. Hy het oor my gebuk gestaan, sy hand by my broekie uitgetrek, my op die voorkop gesoen, omgedraai en geloop. Ek het lank wakker gelê. Was hy regtig hier? Hier in my kamer, met Klein-Danie wat op die ander bed lê en slaap?
Dit was naweek. Paulina sou eers weer Maandag kom, ek sou die volgende twee nagte in dié nat bed moes slaap, het ek die volgende dag besef toe ek my bed opmaak. Ek sou maar snags ’n dik sweetpakbroek moes aantrek teen die nattigheid.
.....