Met liefde wat saamgaan en ander stories
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Annalise Wiid. Met liefde wat saamgaan en ander stories
Voorwoord
1. Lieflap-laslap
2. As die kwilt te klein is
3. Iewers is Dawie
4. Troos my met ’n teddie
5. Die soet, sóét genade van klank
6. Genade se gelukkige gesig
7. Anna-Maria maak haar ma vry
8. As die lewe langs die dood kom lê
9. Drie vroue drink tee
10. Sela. Skink die wyn
11. Uit die boks uit
12. Dans op jou eie wysie
13. Dans in die donker
14. Die gelykenis van die Lindt
15. Los lappies
16. Die bedoeling van die beeld
17. Kansvatters
18. Ons bedelaars se baie-sê-baadjies
19. Ek kon my ore nie glo nie!
20. Vuurspuwende goeters
21. Nee
22. Dit wat geen brand kan blus nie
23. Laslappies
24. ’n Seun … vir ons!
25. Kyk vir my! Adam! Eva!
26. Ammi rangskik haar vriendinne
27. Wat ’n bargain!
28. Die wins uit Kamieskroon se kinkel
29. Dis Jý vir mý
30. Net nog ’n menslyf
31. Sulke liefde
32. Tuisgemaakte troos
33. Hulle kom of hulle gestuur is
34. My vlaggie sal jou vlerke wees
35. Rakvriende bly vir altyd
36. ’n Stiltetyd vol sports
37. Stroomop
38. Waar dagbreek en ou skuld tot rus kom
39. Hasies in die holtes
40. Ek en my God-kombersie
41. Die Kalahari se silwer naandsê-engel
42. ’n Ding of twee wat die dans momentum gee
43. Kaapse cowboy
44. Tagtig jaar is ’n leeftyd en ’n oogwink
45. O, dis ’n baie lekker storie dié!
46. Madiba: mentor, meester … Messias?
47. En sê nou God is so?
48. Ek lig my hoed. Ek buig
49. Die lekker van ’n nuwe ding
50. Stukkies lap, stukkies lewe
51. Hoe ’n hart kan klop
52. Sy klap steeds hande
53. Emilia se onvernietigbare herinnering
54. Die jongman en die see
Bibliografie
Отрывок из книги
Met Liefde wat saamgaan
Annalise Wiid
.....
Hoe erg dan dat die priester, Eli, in hierdie oomblikke van intense smart dink sy is dronk. Hy jaag haar weg: “Loop word eers nugter!” Hy wat die vrou in haar geweldige stryd geestelik moet begelei; hy wat haar behoort te troos en ondersteun, lees haar so verkeerd, behandel haar so verkeerd, dat sy nog die ekstra pyn en vernedering ook moet verduur om haar “groot smart en leed” aan hom te moet verduidelik.
Haar opwinding was seker sonder perke. Sy kon nou self ervaar hoe eindeloos ’n vrou se hart kan verruim wanneer sy ma word. Sy moes oorstelp gewees het! Die Here het gehoor, gesien, geweet, verstaan en gereageer. Hy het haar, die een wat altyd tweede moes staan en minderwaardig gevoel het, belangrik genoeg geag om haar op die wonderlikste denkbare manier te antwoord. Hy het haar opregte geloof tegemoetgekom. Hy het haar vrouehart opgevang en ten diepste vervul. En die ekstra bonus was ’n blaaskans van Peninna se nimmereindigende venyn.
.....