Raaiselkind

Raaiselkind
Автор книги: id книги: 1629923     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1676,35 руб.     (16,34$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Контркультура Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624078159 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Raaiselkind is ´n verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop versit in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig “mens” te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam – oppasma – wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot “Boetatjie” kan deurdring. Wat, as niks meer help nie, met hom onder die olienhoutboom gaan sit en sussende hallelujaliedere sing. En dan is daar Alexander. Vreemdelingkind op sy eie “eiland”. Gillende, skoppende seuntjie wat kantelkop sit en luister wanneer die kerkklokke beier … Raaiselkind.

Оглавление

Annelie Botes. Raaiselkind

1 Die sementvloer van die badkamer is ’n blok ys onder haar voete. Koue prikke skiet deur haar kuite tot in haar knieë. Verbouereerd kyk sy af na haar spierwit lyf, dan op na die vrouespeurder wat hande agter die rug by die wasbak staan. Haar oog glip skrams na die klein matglasvierkant van die toiletvenster

2 Dis nog pikdonkeroggend. Murgkoud. Swaarte gehad om uit die warm kooigoeters op te staan

3 Daar binne

4 “Jeremia,” en sy sit die koffiebeker in die vensterbank langs die kooi neer, “jy moenie nou verder slaap en die brood laat staan en oorrys nie. As jy sien dit kom by die borande van die panne, moet jy dit in die oond sit.”

5 Die beknopte kantoor by Moord en Roof ruik na deurslagpapier en stempelink en sigaretstompies. Die venster is toe en die gebrek aan ventilasie maak haar naar en swewerig

6 Sy vee die los meel van die tafel af en spoel die botterpiering met warm water uit. Here, haar maag wil omdop. Miskien moet sy ’n halwe koppietjie koffie drink voor sy loop. Nee, netnou is sy laat vir die lorrie

7 “Antwoord my, mevrou Dorfling.”

8 Vandat sy vanoggend op die dorp met ’n gesukkelte haar bene oor die lorrie se tralies gesit het om saam met die spul wynasems uit te ry kloof toe, het sy al baie spyt gekry. Elkere grootkerk is dit dieselle storie. Sy wis nie waar sit die mense se Kristelikheid dat hulle sonder skaamte in so ’n toestand op die lorrie klim nie. En dit in die Naam van die Heiland. Sy moes haar nie ingelaat het in ’n grootkerkhouery nie. Haar tyd van lorrie ry is verby. Daarvoor is haar twee bene te jiggerig. Om ’n kroon op alles neer te sit, het sy vooraf toe-oë geweet dit gaan op ’n groot gesuip uitdraai

9 Gedisoriënteerd word sy wakker toe die vrouespeurder haar teen die skouer druk. Sy lê op ’n smal houtbank. Dis skemerdonker rondom haar

10 Die wolke in die kloof hang laag en grys soos lood, sien sy

11 Die name en telefoonnommers van haar huisvriende. Wat moet sy vir die man sê?

12 Die drywer knyp die stuurwiel met sy knieë vas en skroef nog ’n bottel oop. Goddank kan sy die grootkerk se wit stippel al in die verte voor haar oë sien lê. Voor die bottel te diep in sy lyf sit, sal hulle by die grootkerk stop. Sal beter is as sy haar kop kan losmaak van die lorrie en die drywer af. Van miss Ingrid en Boetatjie ook. Die mense moet maar alleen verder sing

13 Die vrouespeurder draai die spuit om en om, ruik daaraan

14 Toe die lorrie met ’n gatswaai onder die peperboom by die grootkerk stop, prop die mense by die tralieklap saam en druk om af te kom. Sy vee die nattigheid uit haar ooghoeke. Hulle kon vandag almal gedood het as die Here hulle nie gebewaar het nie. Prys sy Naam. Sy wil liewerster nie dink wat kon geword het as Hy nie sy eie twee hande bo-oor daardie verdomde wynvlieg s’n gekom sit het nie. Al wat Hy nou nog moet doen, is om mÔre weer die engeleskaar saam te stuur op pad t’rug dorp toe. En om haar bidde oor baie goeters met ’n oop oor aan te luister

15 Die laaste waarvan sy bewus is, is toe ’n straatverkoper by ’n robot iets by die man se venster wil verkoop

16 Dank genade haar skoonmense bly net ’n entjie se loop noordekant van die grootkerk, by die kol bloekombome. Op die lorrie het haar bene al ’n lamte weggehad van vastrap en bontstaan. Van doodskrik ook. Haar bene sou nie ’n ver lopery met die soetkys kon gevat het nie. En bo-op haar twee bene sit ’n moeë lyf. Die Heiland weet, sy’t ’n harde week agter die rug met Boetatjie. Altyd so as dit lyk of daar reentweer aan die kom is

17 Dit wou nie tot haar insink dat hulle haar van die huis af gaan wegvat nie. Van vrees en van die slaappil het ’n duiseligheid haar oorval toe sy op ’n stoel klim om ’n drasak bo uit die kas te haal. Sy het die drasak wat Dawid altyd saamgeneem het gholf toe, op die bed neergegooi

18 “Ant Miriam! Ant Miriam!”

19 Verstard gly haar oë oor die graffiti op die mure. Party smekend na ’n ver God; ander kru en skellend. Datums. Growwe sketse van geslagsdele

20 Toe die rooi kar tussen die bloekombome deur wegry, kyk sy om en sien die kloggoed waai vir haar. Maar die doodslamte in haar arms wil nie dat sy haar hand oplig om t’rug te waai nie

21 Dinktyd

22 Iewerster moet iets verkeerd is dat die polieste haar agter in die kloof gekom haal het. Hulle sal nie so ver ry vir gewone dood nie. En dan nog vreemde polieste laat kom nie

23 Iemand sluit die traliehek met ’n rinkelgeluid oop. Dan was sy tóg reg: hulle gaan haar huis toe neem. Die man het mos gesê hy het oproepe om te maak. Dalk het hy die waarheid uitgevind. Sy trek haar skouers regop, steek haar hand uit om die drasak op te tel

24 Miss Ingrid moenie vannag alleen wees in die donkerte nie. En as sy nie soontoe gaan nie, sal niemand anders gaan nie. Daar’s nie ’n enkelte wit mens op die dorp waarvan sy weet wat miss Ingrid sal loop bystaan nie. Dit kan sy met haar hand op Job en Habakuk sweer

25 Ag-en-veertig uur is lank, tot Maandagmiddag. ’n Hele leeftyd. Sy sal nie tot dan kan wakker bly nie. Moenie vooruit dink nie. Dink eerder aan alles wat hy haar kan vra, en maak haarself sterk

26 “Sit, mevrou Slangveld.”

27 In die newelwêreld van regop sit en slaap, hoor sy iemand praat. Naby. Wakker word, mevrou Dorfling! Sleutels wat rinkel. Kom, mevrou Dorfling, opstaan! In haar wardrome herken sy die stem van die vrouespeurder

28 Is nou omtrent tyd vir die evangelis om sy laaste amen te amen daar agter in die kloof by die voorbereidingsdiens. Altyd so aandoenlik vir haar, die voorbereidingsdiens, só met die kerse wat in die vensterbanke brandgesteek word en die lig wat die mense se gesigte van die skuinskant af vang. Helemal anders as in die dorp se bruin kerk

29 Haar kop glip van haar hande af waar sy kruisbeen op die vloer van die ondervragingskamer sit. Sy moet aan die slaap geraak het

30 “Van hier af hou ons by die volle waarheid, mevrou Slangveld.”

31 As sy net kon weet hoe lank sy geslaap het. Miskien het die man ook vir ’n uur in ’n ruskamer gaan slaap om nuwe krag te kry. Hy mag haar nie agter die lessenaar vang nie. Haar vingers bewe verskriklik toe sy die eerste bladsy van die lykskouingsverslag begin lees

32 Daar’s ’n krakerigheid in haar twee sere jigknieë waar sy skuins voor die man gangaf loop. Hierdie dag van vandag het erg met haar lyf gemors. In doodsgevaar met die lorrie uit kloof toe. Skaars daar of sy moet omdraai dorp toe met die polieskar. Van daar af gekos regop sit voor die slikoogman en haar ore alkante toe draai vir die engele se antwoord. Bo-op alles nog Boetatjie se gesig en sy twee pikbloue oë wat aanmekaar voor haar oë verbyskuiwe en soos ’n pit in haar keel kom vassit

33 Hoor sy iets in die gang? Verstyf van vrees laat sak sy die pak papiere. Draai haar kop om te luister. Nee, daar is niemand by die deur nie

34 Haar hand hou die koue deurknip vas. “Moenie my kos loop staan en opeet nie.”

35 Sy sit regop en vee die sanderigheid van haar wang weg. Trek haar tong oor die melerigheid op haar tandvleis. Dit proe galbitter van die pille. Dis stowwerig en taai tussen haar vingers

36 Een van die polieste wat sy nie ken nie, kom sit ’n beker koffie en ’n suikerpot voor die slikoogman neer. Hulle fluister suutjies voor die koffiedraer uitloop. Sy hoop nie die man vat sy tyd met die koffie se drink nie. Die horlosie loop aan, sy moet by Evert uitkom. Mag die goedheid gee dat hy nie vanaand iewerster heen getaxi het nie. Hoeka ’n triek van hom as hy sente kortkom

37 Sy huil verskriklik. Niks bestaan meer nie. Nie die man óf die vrou óf die stofstink mat óf die staaldeur nie. Niks. Net die bittere pyn in haar hart

38 Sy moet die man se uitrygery stopsit, al is dit net vir ’n kort entjie se tydkoop. As die Heer dit dan só wil dat sy vannag se nag hier moet uitsit en eers môreoggend by Evert uitkom, dan is dit ook maar reg so

39 Iemand skud haar, stroop die kombers van haar ineengekrimpte lyf af. Dis bibberend koud. Vanuit die misnewels praat die vrouespeurder se stem. “Kom, mevrou Dorfling, opstaan. Jou prokureur wag vir jou in die besoekkamer.”

40 Teen dié tyd is Jeremia seker lankal in die kooi. Haar bene verlang self na ’n kooi. Maar die man staan nog altyd in die gang en praat op die telefoon. Toe hy t’rugkom, is die slikkerigheid in sy oë minder modderig

41 Daar is geen manier om aan die man te verduidelik deur watter stormwaters sy in nege jaar moes swem nie. Nege jaar kan breër wees as baie oseane

42 1n die dofte van die straatligte lyk Jeremia ouer as sy ag-en-vyftig jare. Krom ruggraat nes ’n afhangtak. Is van ure se sit by ’n vyfgellingdrom om domino’s te speel. Sy wis nie aldag of sy nie te hard is op Jeremia nie. As mens met ’n merk op jou deur die lewe moet loop, dan is dit maar baie kere so dat jy mank loop. En ’n mens met ’n mankheid in sy kop het genade nodiger as ander mense. Sy moet haar hart versaf oor Jeremia. Kyk nou hoe het hy vandag agter die hoenderhok loop sit en Boontoe gepraat en dit vir haar onthalwe. In die donker en reent poliesstasie toe geloop. Agter die rooiblomboom se stam vir haar staan en wag, sonder om sekerte te hê oor wanner hulle haar gaan laat los. Kon net sowel so gekom het dat hy heelnag daar in die kouete moes staan. Die Here kon haar met slegter bedeel het as met Jeremia. Nog nooit in al hulle jare dat hy sy twee hande vir haar opgelig het nie

43 “Kon jy werklik bekostig om die polispremies te verhoog?”

44 Waar die treinspoor oor die pad loop, sê sy vir Jeremia sy wil haar twee pynlike jigbene eers bietjie laat rus. Sommer ’n stukkie brood eet. Heretjie, tog, gee dat miss Ingrid vannag ’n skaflike kooi sal hê. Dat hulle mooi met haar sal werk. En gee dat Teresa en Zettie hulle woorde sal weeg

45 Die slaap is weg uit haar lyf. Haar neus- en kopgange is oop soos op ’n koue wintersoggend. Al is sy in ’n sel en al is dit koud, is sy bly sy hoef nie vrae te beantwoord nie

46 Toe die bontveerhaan sy eerste kraai kraai, is sy wakker

47 “Net tien minute,” sê die man toe hy wegdraai

48 Sy weet nie wat is die ergste nie: ’n dronk man wat kán dryf, of ’n nugter man wat nié kan dryf nie. Jeremia se rugkant is skoon regop getrek soos hy kyk waar loop die pad. Bokant die stuurwiel lyk sy kop soos ’n klein tjint s’n

49 Dis nie sy wat voor die vrou gangaf stap nie. Dis net ’n lyf met voete en arms en ’n kop

50 Dis Sondagstil op die werf. Die voordeur staan toe. Dalk slaap die man nog. Altemits moet sy ’n bietjie wag. As sy nou geweet het hier’s nie ’n werfhond nie, het sy suutjies omgeloop en na die man se agterjaarts gaan kyk. Ware ding wat haar ma nog doerie jare vir haar geleer het: soos ’n mens se agterjaarts lyk, só is die binnekant van jou kop. As jou agterjaarts soos ’n varkhok lyk, lyk jou dinkgoed net dieselle. Dié dat sy gedurigdeur vee en hark agter haar huis. En die dag toe sy ’n hoenderhok laat opsit het, was dit met nuwe draad en nuwe plate. Al wou Jeremia stuipe vat oor die klomp geld

51 Die een of ander tyd het Sondagmiddag verbygegaan. Sondagaand ook. Sy het nie geweet wanneer nie. Dit het net verbygegaan. Die derde maal toe die vrou saam met haar badkamer toe is, het sy gevra hoe laat dit is

Отрывок из книги

Annelie Botes

want hulle is vol vreemde wysheid.

.....

Sy rol die laaste velletjies van die toiletrol af. Toe sy die toilet spoel, druk die vrou die deur dadelik verder oop.

“Kom, maak klaar dat ons kan loop.”

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Raaiselkind
Подняться наверх