Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal. Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ’n kluis in ’n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ’n afgrond te boender. Voor hul eindbestemming het die langpad se strepe Willemien soos ’n ritssluiter oopgetrek. Dit smaak haar daar is ’n heelal op haar tong. Vir eens moes sy haar sprokieskarakter opgee om haar ware self te wees én te wys. Sy het dekades laas haar lyf bewoon. Haar suster moes hoor van die verlede. Van hul aardige ouers wat banger was vir oorgewig as ’n grondeis. ’n Ma wat paniekaanvalle oor suiwel en selluliet gekry het en ’n pa wat geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld het nie. Kilogram vir kilogram wou Willemien bieg en haarself dun praat. Die tong het immers mag oor lewe en dood. Dié is ook die storie van Pa. Húlle pa. ’n Lagslimme Afrikaanse Al Capone, wie se innoverende sakeondernemings hom soms gedwing het om sy kantoor van agter tralies te bedryf. In Palm Springs dra Pa se lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle die dollarboer en sy trigger-happy brigade dophou. Van Kaapstad na San Francisco en ’n dwelmdieet in Sri Lanka – met ontvoerings, partytjies, ’n seksles in Hongkong se hawe en ’n onvermydelike ontmoeting met ’n onbekende man – tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons soekende, spirituele wesens maak.
Оглавление
Anoeschka von Meck. Die heelal op my tong
Inhoud
1
Mustang Sarie se Groot Trek
2
Die ware Jakob
3
Dollarboer
4
Wat eet jou?
5
Die verbode blondine
6
Waar jy land, daar is jy
7
Van my trollie af
8
Die Rooiseeloper
9
Bhoetan se hoofstad
10
Tering van die siel
11
’n Man wat een stel spore trap
12
Op soek na Pniël
13
In Hitchcock se jacuzzi
14
Die kokefires doen Palm Springs
15
Wille Willemien se seksles
16
Die onrondfokbare Tintin
17
Die orakel van Sedona
18
Soetmielie
19
Vir wie die jas pas
Erkennings
Отрывок из книги
TITELS DEUR DIESELFDE SKRYWER
Annerkant die longdrop
.....
Stellig herleef ek nou my tienerfase, want skielik is ek lus vir musiek. Dit laat weer ’n fonteintjie iewers in my wese opwel. Al was hy ’n kort mannetjie het die jong Burdon ’n gevaarlike uitdrukking gehad wat my oor kole vuur na hom toe sou laat wawiel het.
“As ek dan tyd op hierdie planeet gaan verwyl, wil ek dit in oorvloed doen. Perkeloos wild.”