Elke dag se ervarings in die lewe van ’n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Maar soos die storiekoning van ouds die dinge wat hy aanraak in goud kon verander, so het Audrey Blignault die slag om uit die eenvoudige belewenisse van ’n huisvrou glansende avonture en kosbare kleinode van die gees op te tower. Hierdie slag het sy te danke nie alleen aan haar fyn oor en oog (’n oog met ’n stout vonkeling daarin!), haar deernis vir die ewenaaste, haar vermoë om dieper as die oppervlak en die onmiddellike te kyk, haar sin vir die komiese, haar breë leeservaring en haar vaardigheid met ’n woord nie, maar veral ook aan haar opregte lewensvreugde en die vaste geloof dat die lewe ’n rosekrans van blye dae is. Soos dit ’n mens plesier gee om te sien hoe ’n goeie vakman sy gereedskap netjies en sekuur maar met gemak hanteer, so gee dit ’n mens plesier om te sien met watter vaardigheid hierdie skryfster met woorde kan werk en die juiste woord op die regte plek kan gebruik. Daarby weet sy ook hoe om haar grondige kennis van die beroemde woorde van ander – uit die wêreld-letterkunde en die poësie van die Bybel – te laat aansluit en sonder pretensie daaruit aan te haal en toe te pas. Dit herinner my aan Salomo se “goue appels en silwerborde, so is ’n word op sy tyd gespreek”. Alba Bouwer
Оглавление
Audrey Blignault. Die plesierboom
DIE PLESIERBOOM
DIS NOU MY STRAAT
HET SPOKE NEKKE?
DIE DAWIDSMENSE
SO IS ONS – OF HOE?
MY VOETE IN DIE RUIMTE
BIETJIE BALSEM, BIETJIE HEUNING
DIE RUIK VAN KATJIEPIERINGS
GROOT BAKLEI HEET MY SKEI
VINKEL EN KOLJANDER
TOE EK NOG MAAR ’N KALFIE WAS
EINA, DIS EK!
’N RYSTOEL MET ROOI ROSE
HOU VIR MY ’N HOEKIE
OM EN DOM
UITGEKUIER
DIE VERE MAAK DIE VOËL
DADDY TEALL
SÊ NOU MY SKIP KOM
’N SKERPIOEN IN MY SKOEN
DIE ONBESONGE STRYD
HOE LYK ’N ISOTOOP?
DIE LEKKERSTE MENSE
DIE KRISMISBOKKIE
EK BEWANDEL HOM MET BLYDSKAP
DIE ONWENNIGE OUMA
POLLENYS, POLLENYS, JOU LIEFLIKE DING
Отрывок из книги
Audrey Blignault
DIE PLESIERBOOM
.....
Bewend van opwinding en verwagting hang ons oor die tralies van die brug. Teen die uitgemesselde wal van die ousloot sprei ’n pikswart kol – groot, beskuldigend, op ’n verskriklike manier angswekkend. Toe word ons duiselig van die stank wat oor die brug walm. Ons kyk mekaar verstar aan. Ons sê niks, maar ons is meteens bewus van ’n aakligheid wat uit die ousloot gekom het en die lug waar ons staan, besmet. Die stil, sonnige middag is weggeruk en teen die wal van die ousloot gegooi waar die stinkende swart kol nou groter en groter en groter word.
“Sies, allemagtig, wat gaan hier aan?” sê Piet Baadjies wat by die deur van die smidswinkel uitgekom het.