Al die lieflike dade
Описание книги
Die poësie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naudé se digkuns by uitstek gestalte gee. Die poësie is ’n ander manier van kyk – die metafoor laat jou iets deur die lens van iets anders sien, en so word die wêreld iets anders, dit word nuut, iets wat van voor ontdek moet word.
Die poësie, wys Naudé, is iets wat algemeen aanvaarde waarhede problematiseer, dit vreemd maak sodat dit weer beleef kan word. In Naudé se poësie is die vreemde belangrik. Vreemde ruimtes, word betree om dit wat bekend is te herontdek, deur as’t ware van buite na binne te kyk. Op hierdie manier besin die digter oor onder meer sy plek in Afrika, oor die verwerking van ’n Europese oorsprong, sy geplaastheid in ’n klein minderheidstaal, oor die praktyk van poësie-skryf en die soeke na insig wat verby eenvoudige digotomieë streef. Hierdie digterlike besinnig loop dikwels uit op ‘n besef van die waarde van die vlugtige, die efemere, die nie-vaspenbare.
Оглавление
Charl-Pierre Naudé. Al die lieflike dade
Voorwoord
Blomme van Algiers
Wetenskap
’n Dier se heldedaad
Baksteenboek
Meermin
Die ritueel
Madonnas
Die meisie wat “Montesquieu” nie kon spel nie
Die onbekende ontmoeting
Die veldheer se duiwe
Huis van die digter
Demokrasie
Al die lieflike dade
God se klippe
“Hulle, almal, wat Jou soek …”
Continental interface
’n Baie groot gebeurtenis
Pasboekfoto onder kleefplastiek
Die witste strand
Poolmagneet
Ars poetica lost and found
Skelet van ’n lente, met glastafeltjie
Op die sneltrein na Hamburg
Stoptrein
Lof aan die versakers
Bacchus éskar
Klein witwynode
witwynkwatryn
Oorlogslegendes (waterverf)
Evir eisneone
Jakobsleer
Rekenkunde
Rekonstruksie
Muskietnette van Neptunus
Oggend en aand met duiwe
Omgewingskunde
Dag van die superbikes
Uit die Hand van Kondensasie
Die slaper en die stad
Op Doha, maar nie ek nie
Ontwikkelaars
Java
Papierverblyf
Tuisresep
Aardrykskunde
Dubbelblik
Parafrase
Evolusie
’n Kraak in die pleister
Skuinslig op die plato
Die diepte van die saak
Eergister en môre, met visse
Kontinu / diskontinu
Athena se harnas
Nawoord
Notas
Erkennings