Vegter en balling

Vegter en balling
Автор книги: id книги: 1628952     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1341,08 руб.     (15,35$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Историческая литература Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624056942 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Hoe moet dit voel om vir maande, selfs jare, van jou familie geskei te wees en geen idee te hê of jy jou plaas en jou land ooit weer sal sien nie? Nadat hy in die Brandwaterkom gevange geneem is, is veldkornet Charles von Maltitz in die Groenpunt- en Simonstad-krygsgevangenekamp en later in Trichinopoly in Indië aangehou. Sy lot was soortgelyk aan dié van duisende ander burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog na kampe op St. Helena, Ceylon, Bermuda en elders gestuur is. Sy dagboek, nou vir die eerste keer gepubliseer, skets ’n boeiende beeld van die lewe as ‘’n Boerekrygsgevangene. Dit vertel van die fisieke ontberings en emosionele swaarkry tot die dinge wat hom en sy makkers deurgedra het. Daar is siekte en dood, ontrouheid – ook van Boervroue en medegevangenes – en selfs gewaagde ontsnappingspogings. Sy raak waarnemings en skerp insig bied ’n unieke blik op die alledaagse lewe in die kampe, maar ook op die onderstrominge soos die konflik tussen pro-Britse Boere en die onversetlikes. Tussendeur sorg Charles se besondere humorsin vir talle kostelike beskrywings.

Оглавление

Chris Schoeman. Vegter en balling

Отрывок из книги

CHRIS SCHOEMAN

Vegter en balling

.....

Teen die einde van 1898 was die runderpes onder beheer, maar teen daardie tyd het reeds meer as 2,5 miljoen beeste in Suid-Afrika alleen gevrek.33 Charles was een van die talle boere wat groot verliese gely het. Hy moes sy beesboerdery van voor af begin, maar het hom nie deur dié terugslag laat onderkry nie.

Dit was ook in hierdie tyd dat Adriaan von Maltitz, Charles se pa, deur die Britte gedwing is om die eed van neutraliteit af te lê. Op daardie tydstip was daar ’n Ierse regiment op Wittekrantz gestasioneer. Op 22 Mei 1900 is twee burgers by Wonderkop in die Senekal-distrik aangekeer en na die Britse kamp op Wittekrantz geneem. Die twee burgers kon in die huis slaap, maar is regdeur die nag bewaak. Die volgende oggend het Alida von Maltitz hulle iets te ete gegee voordat Adriaan saam met die twee burgers na Clocolan geneem is waar hulle voor ’n paar offisiere verskyn het en die eed van neutraliteit moes aflê. Hierop het elkeen ’n pas ontvang wat hulle op “beskerming” deur Britse troepe geregtig gemaak het, maar later geblyk het waardeloos te wees.53

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Vegter en balling
Подняться наверх