Afstande

Afstande
Автор книги: id книги: 1628477     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 2235,13 руб.     (23,56$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Историческая литература Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624051107 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Afstande is ’n aksiebelaaide reisavontuur vol ontdekkings, uiterste ervarings en hand-tot-hand-gevegte, dit is ’n verhaal van verraad en broedermoord, bevolk deur waarsêers en hekse, fanatiese profete en hul kranksinnige profesieë, voetsoldate wat leef van varkbloed en asyn, mense wat elke dag begin met die slag van ’n offerdier.

Оглавление

Dan Sleigh. Afstande

Skopos

Die boodskapper

Die ekspedisie

Xenophon en die spel van konings

Regte gode

Die soldaat

Proxenos

Die leër

Die inval

Die opmars

Die koningin van Kilikië

Bedrog

Die see

Die woestyn

In Babilon

Kunaxa

Die koning se genade

Arras

Die ooreenkoms

Huis toe

Zapatas

Meineed

Die sterre

Die Vaders

Die boodskapper

Die aftog

Vuur uit die hemel

Die herstel van orde

Die oorloper

Omsingel

Oor die slinger

Die bediende

Afstande van hitte en stof

Die profeet wat van God gevlug het

Agtervolging

Spioene

Die berge

Die volk wat na pik ruik

Vasgekeer

Dokter en Klip

Satrap Tiribazus

Die siekte van die berge

Afstande van sneeu

Die vallei van vergetelheid

Roshana

Afstande van rots

Talasso! Talasso!

Op die Tafel

Verbygang

Skaak

Die eerste Paasfees

’n Skip vir die profeet

Homeros glimlag

Die stad van kersies

Die vreemdste volk van almal

Die einde van paaie

Afstande van tyd

Die profeet

Afstand: Kotiora

Afstande van waarheid

Homeros lag

Die kroon van akkerloof

Die breuk

Na Kalpe

Saad van rooiblomme

Sparta se handdruk

Verdwaal

Die goue kroon

Afstande van water

Koning van wolwe

Die huttefees

’n Rooi winter

Afstande van gode en mense

Heilige grond

Odusseus by Kirke

Die swerwende Jood

Afstande van tyd

Telos

Erkenning

Отрывок из книги

Dan Sleigh

Nou kyk Persië noordwes, oor sy woestyne en oor daardie smal see heen na die land van die Hellene. Sy nuwe naam sal satrapi Eleni wees. Sjah Darius se aanval op die Hellene in 490 v.C. word by Marathon afgeweer, maar tien jaar later probeer sy seun Xerxes (Sjah-’ar-Sjah, sy titel is sy naam) dit weer, met ’n invalsmag van een en ’n half miljoen. Nege Weë sal vir altyd onthou word, en Termopulai, waar die rooiblom die geilste groei, in bloed en spier en brein en murg en been gewortel. Xerxes brand Athene af, maar word op see by Salamis en Mikale verslaan; dít was die muur van hout wat die orakel beloof het: Skepe, nie skilde nie.

.....

Hy luister. Sy sinne ontbreek aan nederigheid. Hy moet daarteen waak. Dit is die swart vrug van jare lange haat. Dit is gepas dat profete oortuig en vurig oor hulle taak voel, maar altyd met ’n onderdanige hart. Vir homself, totaal niks, sy beloning is om vir die Verlosser ’n fakkel te dra en in sy skadu te loop. En die Verlosser gaan ’n Griek wees, een vir eenvoud, matigheid, kalmte en orde. Maar die teenwoordigheid van haat in sy gemoed erken hy, net soos die aanwesigheid daar van die bose.

Hy begin weer: Ek is Nagri die boodskapper, getuie van wonderwerke. Hy haal die Farao se Boekrol van die Dooies uit sy geheue en vervang by elke geleentheid Amon-Ra se naam met sy eie: Ek was die eerste bries wat oor die donker oseaan van ewigheid waai, ek was die eerste lig, die eerste sonop, ek was in die begin van dinge. Enige Jood sal dit herken, die profeet Moses het dit as openingstrofes van sy Genesis gebruik.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Afstande
Подняться наверх