“Vergewe my Here as ek haar te lief het, te lief het om haar te laat gaan.” Danny Fourie en Adri-Louise van Renen, het mekaar laat in hul lewe ontmoet en lief geraak vir mekaar. Kort ná hulle verlowing word Adri-Louise geopereer vir ’n gebarste blindederm, net om agter te kom sy is ernstig siek met kanker. Sy bied aan om die verlowing te verbreek, maar Danny hou vol: Ons sal saam wees, nou en vir altyd. ’n Ware verhaal van merkwaardige liefde in die skadu van die dood.
Оглавление
Danny Fourie. Vir ewig en altyd saam
Voorwoord
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
ARTIKEL 1: Rooi Rose Julie 2013
ARTIKEL 2: LiG Julie 2014
ARTIKEL 3: Lééf Augustus 2014
ARTIKEL 4: LiG September 2014
ARTIKEL 5: Lééf Oktober 2014
Huldeblyk
Bronne geraadpleeg
Отрывок из книги
Vir ewig en altyd saam
’n Reis van liefde, verlies en hoop
.....
Deurentyd was die gesoek na are ’n probleem, wat Adri-Louise ook mismoedig gemaak het.
’n Krukenberg-tumor verwys na ’n kwaadaardige gewas in die ovaria wat vanaf ’n primêre plek versprei het, in klassieke gevalle vanaf die maagdermkanaal. Die tumor is vernoem na ’n Duitse patoloog, dr Friedrich Krukenberg (1871–1946). Hy het aanvanklik gemeen dat hy ’n nuwe soort primêre ovariumkanker in 1896 ontdek het. Ses jaar later sou dit blyk dat daardie tipe gewasse van ’n metastatiese oorsprong in die maagdermkanaal is.