Tannie Pompie se oorlog
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Deon Lamprecht. Tannie Pompie se oorlog
Отрывок из книги
TANNIE POMPIE SE OORLOG
in die Driehoek van die Dood
.....
Die geheimsinnige Otjikotomeer, van waar die avonturiers Andersson en Galton die eerste Europeërs geword het om oor die “handelsoorlog” tussen die Boesmans en die Ovambo’s te berig, sou ’n sleutelrol bly speel. Myne het baie water nodig vir mens en masjien, en dit sou 20 kilometer ver van die meer na die myn en nedersetting gepomp moes word.
Volgens oorlewering het die Boesmans hul plek van rykdom Tsombtsou genoem, wat letterlik beteken “om ’n gat te grawe wat weer toeval”. Hulle het glo naby die koperheuwel gate gegrawe om water te soek, maar die gate het bly toeval – weens dieselfde seldsame geologiese verskynsel wat die Otjikotomeer veroorsaak het. Vir die Westerse oor en tongval het Tsombtsou glo “Tsumeb” geword.
.....