Bloedwater

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Douwleen Bredenhann. Bloedwater
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
Die toeval van die Melindas
Erkennings
Bronne
Отрывок из книги
Douwleen Bredenhann
Human & Rousseau
.....
Die eerste uur van die voordag word aangekondig met ’n enkele slag wat deur die naglug galm. Is dit Oude Kerk met die skewe toring wat so getrou die tyd weergee? Sy is vir ’n oomblik nie seker watter een van die drie, vier kerke in die nabye omtrek daarvoor verantwoordelik is nie. Tot en met twaalfuur snags word elke nuwe uur met kerkklokmusiek uitgebasuin. Ná middernag verander dit na stigtelike tydslae wat so min inbreuk moontlik wil maak op die slaaptyd van permanente inwoners en besoekers aan die “binnenstad” van Delft.
Die genade van slaap kom eers ná 04:00 vir haar. Haar brein gee voor om te rus, maar keer nie haar ledemate om onwillekeurig te reageer op die deurmekaar beelde wat in die slaapnewels opdoem nie. Gesiglose fetusse wat die ingange na kerkdienste bewaak terwyl hulle tandeloos grynslag en enigiemand wat wil binnegaan, met septers daar verwilder.
.....