Brouhaha
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Eben Venter. Brouhaha
Om te huil oor jou lewe
Klein dood in die Dopperkerk
Die ander Auschwitz
Beesslag lank, lank gelede
Die nuwe rentmeesters
Johannesburg … en Johannesburg
Vlugteling in die Sydney-hawe
Die laaste brief
Terug na die land van melk en moorde
Die Kerstafel
Die definisie van ‘cool’
Sy’s dood voordat ons kon uitpraat
Die laaste orangoetang
Die klip op die Merc se ‘bonnet’
Die mes van die Otterwandelpad
Die mans van Istanbul
Man van Afghanistan
Boerenkaas by die Den Haag-mark
My Michael Jackson
Medisyneman
Alle eer aan ‘Disgrace’
Die trourok sonder bruid
stoney se sterre voorspel
Stoney en die lewensles
Van skenkels en van lolita
Hoendersop en trane
peri-peri vir polla
’n Kongolees vir koffie en koek
Budjie in ’n hokkie
‘Psigologiese hel in ’n fisiese paradys’
Niks is beter as ’n pot lensies
Om nie bang te wees nie is menslik
Heimat vir vreemde mense
Tot siens, lesbos
Boodskap van obama
Vyf voorwaardes vir geluk
Bruilof aan die brand
Bennie en die gibbons
’selfde dankie, elke week
Stoney kry sy lê
Stoney in die groot australiese bos
Stoney kry heimwee
Stoney en die vlugteling
Stoney en die noodoproep
Stoney gaan huis toe
Отрывок из книги
Eben Venter
Die laaste keer toe ek vir Clive gesien het, was onder ’n klomp bloekoms in die Langkloof. My pa was destyds ernstig siek en ek het soos ’n vaal duiwel oor die hobbelrige kronkelpad deur die kloof gejaag om by hom uit te kom. Op my hakke het ’n wit kar gelê soos ’n irriterende kleinboetie. Toe ek by die piekniekplek aftrek, trek die wit kar ook af. Toe blyk dit Clive van Hassel te wees; op pad na die lughawe om ’n angorakongres in Texas te gaan bywoon. Clive het my oor die kole gehaal oor my jaery, en daar in die koue wind dink ek toe: Die man ken my skaars, waar kom hy vandaan om vir my te kom voorsê hoe ek moet ry! Ons groet en toe ek omdraai, sien ek teen een van die bloekoms se stam is uitgekerf: Tonie loves Tanja.
.....
Amen. ’n Blou golf lig val hoog uit die linkerkantste gepunte venster oor die gemeente, nes die Duitse argitek dit bedoel het. Dankbaar kug die susters, die konsentrasie uiteindelik verby. Dankbaar gaan sit die broeders. Sit is skielik hemel op aarde.
Ek dink ook nie Simão Kikamba weet regtig of dit beter is nie. Anders sou hy nie die volgende motto voor in sy roman geplaas het nie. Dit kom van die groot Afrika-skrywer Chinua Achebe, en dit lui so: Agter op ’n trok sit ’n man. Op pad. Hy kyk agtertoe, verkeerde kant toe. Hy kan sien waarvandaan hy kom, maar hy’t g’n idee waarheen hy gaan nie.
.....