Omega, oor en uit
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Francois Verster. Omega, oor en uit
Отрывок из книги
– Günther Grass, skrywer en beeldende kunstenaar
.....
Natuurlik het die parate luitenantjie ook gehoor wie se seun in sy bungalow is. Elke oggend het hy reguit na ons kamer gekom, wat heel onder in die gang was. Aan die een kant van die kamer was die perfekte toneeltjie – my liewe kamermaat se kant. Sy pa het hom vooraf goed gedril, ’n besliste voordeel. Aan mý kant was dinge minder perfek.
Luitenant Droldrums het klokslag ontplof. Eenkeer het hy my boonop gevang dat ek in Bybel-leestyd my stewels poets. Hy het telkens dadelik tot aksie oorgegaan. Dan het hy eers my rugsak (een van daai buiteraam-modelle wat so in ’n mens se laerug inkarring) van die kas afgeruk. Ek kon nooit verstaan hoekom die grys kombersie wat onderaan die rugsak ingedruk is so styf opgerol moes word nie. Dit was ’n stekelrige ding waaronder g’n mens sou kon slaap nie. Jy kon net sowel ’n renostervel met ’n angle grinder skurwer maak en dan gerasperde staalwol daaraan vaslym.
.....