Eet vir volgehoue energie 4
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Gabi Steenkamp. Eet vir volgehoue energie 4
Voorwoord deur die skrywers
Inleiding
ONTBYTGEREGTE. Hawersemel-en-piesangmuffins
Bessiemuesli
Semel-en-papawersaadblini met gerookte salm
Gekruide eiers op tamatie
SOPPE. Romerige spinasiesop
Oondgeroosterdetamatie-en-basiliesop
Sampioenroomsop
Koue avokado-en-komkommersop
SLAAIE. Bloubessie-en-balsemiekasynslaaisous
Gemarineerde koolslaai
Kerrieperske-en-koring- (of gort-) slaai
Caprese-slaai
Tabouli-slaai
Geroosterdebotterskorsie-slaai met Afrika-slaaisous
Groenslaai met droëpeer en spek, besprinkel met ’n sitrusslaaisous
LIGTE MAALTYE. Kaas-en-uieroosterbroodjie
Aurelia se tuna-en-tiemieroosterbroodjie
Agurkie-en-mozzarellaroosterbroodjie
Marieta se breinblitsroosterbroodjie
Italiaanse slaai op ciabatta
Melkkos
HOENDERGEREGTE. Hoenderpakkies met fyngedrukte baba-aartappels. en grasuie
Hoender-cacciatore
Miems se matige hoenderkerrie
Hoender à la king
Oosterse hoender in soja-en-sjerriesous
Geroosterde hoender met lemmetjie-en-heuningglaseersel
John se Thaise hoenderworsrolletjies
Gemarineerde hoender met kruie
Marokkaanse geroosterde hoender
VISGEREGTE. Geroosterde tamatie en stokvis
Stokvis in ’n Thaise sous met wasabi en lemmetjie
Romerige visgebak
Vis in ’n matige kerrietamatiesous
VEGETARIESE EN GROENTEGEREGTE. Geroosterdetamatie-en-pestopasta
Napolitaanse groentegebak
Spinasie-en-ricotta-cannelloni
Botterskorsie-roket-pekanneut-en-mozzarella-lasagne
Bone-en-sampioenstroganoff
Geurige Indiese bonekerrie
VLEISGEREGTE. Marlene se lasagne
Volstruis-tamatie-en-sampioenghoelasj met ’n titseltjie sjerrie
Aurelia se pasta met spek, uie en sampioene
Eksotiese Marokkaanse lamstagine met droëvrugte
Penne bolognese al forno
Volstruissteak met wyn-en-bessiesous
Spek-varkwors-en-preitert
POEDINGS EN NAGEREGTE. Mokka-gelato
Grenadellasoufflé
Sjokoladesoufflé
Gebakte appels met vla
Perske-en-bessie-lekkerte
Granaat- of aarbei-jelliekelkies
KOEKE EN KOEKIES. Amandelbiscotti
Pikante koejawelbrood
Sjokoladekoek
Vla-en-appelkoosdoppies
Gebakte bessiekaaskoek
Pynappel-yskaskaaskoek
Rabarber-en-appeltert/tertjies
Gemmerkoekies
Gebakte melktert
Sponskoek met sout of soet bolaag
Vy-en-amandeltertjies
Lys van aanbevole voedsel en produkte
Отрывок из книги
Eet vir Volgehoue Energie 4
Gabi Steenkamp RD (SA) en Liesbet Delport RD (SA)
.....
Ons nuttige South African Glycemic Index and Load Guide was al vir baie mense van groot hulp. Dit help jou om vinnig en maklik die GI en GL van die meeste Suid-Afrikaanse koolhidraatryke voedselsoorte te identifiseer, aangesien dit ’n alfabetiese lys van voedselsoorte met kruisverwysings insluit, asook die vet-, vesel-, proteïen-, koolhidraat- en kilojoule-inhoud per tipiese porsie. Baie mense hou hierdie gids byderhand wanneer hulle inkopies doen sodat hulle die GI van kos kan nagaan. Hierdie gids sal weer in 2010 hersien word, en het ook ’n “vennoot”, The South African Fat and Protein Guide, wat waardevolle inligting bevat oor verskillende soorte vet en proteïen in tipiese Suid-Afrikaanse voedsel. Met hierdie twee gidse sal jy die voedingkundige inligting kan nagaan van elke kossoort waaraan jy kan dink!
Ons boek oor gewigsbeheer, Eet Slim en Bly Slank: Die GI-dieet, is ook bygewerk om tred te hou met die ontwikkelende voedingswetenskap. Buiten dat dit nuttige inligting oor kos bevat, behoort die boek lesers ook te help met hul ingesteldheid om te verslank en slank te bly. Die boek bevat ’n paar resepte en ’n nuttige afdeling met maaltydplanne vir ’n week sodat jy enige ontbyt, middagete, aandete en twee tot drie versnaperings per dag kan kombineer, en jou eie maaltydplan of spyskaart kan skep. Daar is ook inligting oor hoe om van kompulsiewe eetgewoontes ontslae te raak, etiketlees-vaardighede, wenke om jou maaltye laer in vet te maak, en motivering om te begin oefen.
.....