Kelder

Kelder
Автор книги: id книги: 1628562     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1788,1 руб.     (20,08$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Контркультура Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624054320 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Gerda Taljaard volg haar sprankelende romandebuut, Engel in die hoenderhok, op met ’n roman wat byna letterlik veel dieper delf. Soos voorheen doen sy dit veral deur humor en satire, maar dié keer is die satire snydender en omvattender, die humor inniger en ruimer. Dit is die verhaal van drie vroue wat jare uitmekaar gelewe het, maar verbind word deur drie dinge: ’n bemoeienis met mekaar se verhale, ’n aweregse lewensuitkyk en ’n donker, donker geheim. Esmeralda is ’n skrywer van liefdesverhale. Sy is suksesvol, maar met die aanvang van dié roman tref die leser haar midde-in ’n kreatiewe droogte. Sy sukkel. En dan word sy as’t ware besoek deur ’n verhaal, en dié keer is dit g’n ligte verstrooiing nie. Dit is die verhaal van ’n meisie – nog bogkind – wat vyftig jaar tevore op ’n plaas ’n string babas gehad het en almal, behalwe een wat ná geboorte aangeneem is, doodgemaak en naby die plaashuis begrawe het. Esmeralda se verbeelding gryp hierdie verhaal aan, nee, die verhaal gryp haar en ruk haar dat haar tande klap. Sy het geen verweer nie, die verhaal van Sus Niemand moet sy skryf. Is die Sus Niemand wat so by Esmeralda spook ’n versteurde moordenaar? Is sy bloot die slagoffer van bloedskande en veragtering? Hoeveel weet Sus van wat met haar gebeur, en watter aandeel het sy daaraan? Dit is die dinge wat Esmeralda moet deurgrond. In haar kreatiewe herskepping van Sus se verhaal kom Esmeralda agter dat die meisie kort-kort haar toevlug tot die plaashuis se kelder geneem het waar sy relikte ontdek het van ’n vrou wat ’n halwe eeu tevore daar toegesluit is – briewe, foto’s en graffiti. Dis ’n vrou met wie se kelderbestaan die meisie haar besonder vereenselwig het. Maar waarom word Esmeralda so aangegryp deur Sus se verhaal, waarvan sy die basiese besonderhede in ’n koerantberig gekry het? Wat is dit in die kelder van Esmeralda se gemoed wat haar so ontvanklik maak vir die verhaal van ’n klomp kindergraffies op ’n plaaswerf? ’n Aanduiding van die oorsprong van Esmeralda se bemoeienis is dat haar verhaal oor Sus Niemand ook die verhaal word van haar verhouding met haar seun, Benjamin. Dit is ’n holderstebolder verhouding wat tuimel tussen hewige konflik en tere toegeneentheid. Ma én seun se kleurryke en allermins konvensionele liefdeslewe speel hierin ’n groot rol, en die heerlik guitige uitbeelding daarvan, die vlymskerp satire van alles, van volksmites tot die popkultuur, word die agterdoek vir Sus Niemand se donker verhaal. Vertellend peil Esmeralda Sus Niemand se donker dieptes, en vertellend kom sy nader en nader aan ’n openbaring van wat in haar eie kelder verberg lê.

Оглавление

Gerda Taljaard. Kelder

hoofstuk 1: geboorte

hoofstuk 2: trein na pretoria

hoofstuk 3: pennevrug

hoofstuk 4: doodsengel

hoofstuk 5: siembamba

hoofstuk 6: voortekens

hoofstuk 7: keldervrou

hoofstuk 8: magnolia

hoofstuk 9: goggabie

hoofstuk 10: malvrou woon hier

hoofstuk 11: haar vriende noem haar jessie

hoofstuk 12: liedere vir dooie kinders

hoofstuk 13: populierbos

hoofstuk 14: kelder

hoofstuk 15: dief

hoofstuk 16: pos

Отрывок из книги

Gerda Taljaard

– Woody Allen

.....

“My ma het my gestuur, oom Jasper,” het sy gejok. Sus het haar ken op haar bors laat sak; hy het sy hand op haar skouer gelê. “Ek verwag,” sê sy toe. “Oor minder as drie maande …”

Oom Jasper het na haar gekyk. Hy had ook sulke brakkie-oë soos haar ma. Sy gesig was bruin en leeragtig en stoppelrig, sy ore bak onder sy yl hare. “Kom in,” het hy uiteindelik gesê en haar hand gevat.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Kelder
Подняться наверх