Anton Goosen
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Hanlie Retief. Anton Goosen
Inleiding
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
Fotoseksie
Inhoudsopgawe
Отрывок из книги
Die lewe van ANTON GOOSEN
soos vertel aan HANLIE RETIEF
.....
My ma was amper dood met my geboorte, en nog ’n kind sou vir haar fataal gewees het. Toe ek vyf was, het my ouers ’n boetie bestel en op Edenburg gaan haal. Benjamin Emmanuel van der Berg. Hy was een van sewe kinders wie se ouers kort ná mekaar gesterf het. My ouers het in Die Volksblad van die wesies gelees. My tante, Myda Lewis, het die een dogter, Ella, aangeneem. Die ander kinders was groter en wou eerder weeshuis toe gaan.
Ben was sewe en ek vyf en hy was die beste ding wat met my kon gebeur. Die dag toe ons hom gaan haal het, het ek sonder ophou met hom gesels. Skielik het ek ’n boetie gehad. Ek het liewer vir hom geword as wat ’n mens vir ’n bloedbroer kon wees. Hy het my nooit veroordeel nie, al was ek anders.
.....