Ware verhale van vergifnis
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Helana Olivier. Ware verhale van vergifnis
Отрывок из книги
WARE VERHALE VAN VERGIFNIS
Loop die pad na herstel
.....
Daar is ook oral kort boodskappies van liefde en aanmoediging wat Shayne in groen ink geskryf het.
Nadat ek uit die tronk vrygelaat is, het ek begin werk soek. Ek was vasbeslote om altyd die volle waarheid oor my verlede te vertel. Vir sewe maande het ek die een afjak ná die ander gekry. Eindelik het die plaaslike munisipaliteit my aangestel as ’n meterleser. Gewapen met ’n groot boek en ’n potlood het ek deur die strate van ons dorp geloop, water- en elektrisiteitsmeters gelees en besonderhede van verbruik neergeskryf. Party mense sal sê dis nie veel van ’n werk nie, maar ek het dit met vreugde gedoen. ’n Jaar later is ek na die finansiële departement verskuif. Dit was asof ek die sirkel van herstel voltooi het. Dit was asof die Here vir my gesê het: “Jy was ’n dief, maar nou kan jy weer met geld vertrou word.”
.....