So lig soos klip

So lig soos klip
Автор книги: id книги: 1628542     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1676,35 руб.     (19,55$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Контркультура Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624053637 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Die verteller in hierdie ambisieuse, uitdagende debuutroman is ’n polisieman wat in die brandende townships van die jare tagtig diens doen. Dit is ’n lewe op die randjie van die afgrond, en daarom is sy eerste lewensbeginsel: Hou altyd die laaste patroon vir jouself. Dit is met sy opleiding in sy bewussyn ingestamp – Reël Nommer Een. Die vertelling begin in die skadu van Reël Nommer Een: Die verteller sit verstar in ’n polisievoertuig en staar na ’n oproerige skare wat met pangas en assegaaie op hom en sy makkers afstorm. Hy tas na daardie laaste blink patroon in sy hempsak – sy enigste hoop. In daardie moment begin sy vertelling. Vanaf die drumpel van die dood flits sy bewussyn uit op dit wat veronderstel is om ’n outentisiteit aan sy dood te verleen, op wat gewig sal verleen aan die ondraaglike ligtheid van sy bestaan. Wat was hierdie bestaan? Polisiediens in die townships het die protagonis die geleentheid gebied om sy manlikheid uit te leef: Hy verrig sy taak as polisieman met trots en oorgawe en vervul sy rol as seksuele veroweraar met net soveel ywer. Met die polisie as surrogaatvader is hy ideaal toegerus vir die jagtog van sy lewe: die soeke na die ideale vrou. Hierdie private jagtog van hom is net so meedoënloos soos die polisielewe. Soos die openbare geweld in die townships eskaleer, groei in hom ’n intieme geweld, net so donker, net so vernietigend. Die vertelling gaan in die eerste instansie oor ’n man se soeke na die sin van sy bestaan. Hy vertel teen die dood in, en as sodanig is sy soeke verhewe, ’n speurtog na die lig. Maar op die agtergrond praat ook twee ander stemme, dié van hom as kind en as jong polisieman. Hierdie twee stemme dring sy verhewe soeke telkens binne en bring dit as’t ware terug aarde toe. Dit anker sy vertelling in konkrete, banale ervaring, ondermyn dit selfs, om so lewenskragtig gestalte te gee aan die mens se oerdilemma, naamlik sy gevangenheid tussen hemel en hel, tussen dit wat die mens is en dit wat hy wil wees. So lig soos klip is die verhaal van die bedenklike oorspronge van ons liefdes, en wat dit verg om die liefde as iets suiwers terug te wen.

Оглавление

Jacques Pretorius. So lig soos klip

Een

Twee

Drie

Vier

Vyf

Ses

Sewe

Agt

Nege

Tien

Elf

Twaalf

Отрывок из книги

So lig soos klip

Jacques Pretorius

.....

Steyn laat sy kop sak, pers sy oë styf toe en vee met sy regterhand oor sy gesig.

“Hoekom, Kaptein?” vra die studentekonstabel skielik, deels uit nuuskierigheid en deels uit simpatie vir Steyn.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу So lig soos klip
Подняться наверх