Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette. Maak opnuut kennis met onvergeetlike karakters soos Maans Maanse, sersant Jônie Louw en pater Hoeflies wat ietsie neem vir die koue in ’n poort naby Kenhardt, Orrelkosie wat ’n halwe dag neem om te verduidelik hoe om ’n pil in ’n hoender se keel af te kry, Hábakuk en sy blik kondensmelk en die leerlingverpleegstertjie wat ’n plan bedink om die oumense se valstande skoon te maak. Die antie met die pienk rok en ander stories sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:’n Poort deur die koue, Die dinges is ’n watsem, Waaksaam op die vlug, Maans Maanse en die muil, ’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke, Hábakuk met ’n blik kondensmelk, ’n Bek vol tanne, Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus, Moeilike medisyne en ’n Deeglike probleem.
Оглавление
Jan Spies. Die antie met die pienk rok en ander stories
Die antie met die pienk rok
’n Poort deur die koue
’n Berg is nie ’n molshoop nie
Die dinges is ’n watsem
Waaksaam op die vlug
Maans Maanse en die muil
’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke
Wjelkom, vrinne!
Oorlidde Pa en die by
’n Anderster skaap
Hábakuk met ’n blik kondensmelk
Die voorsinger van Maltahöhe
’n Bek vol tanne
Engel met ’n Ford
Die twee dom seuntjies
Maans Maanse se ma se suurdeeg
Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus
Moeilike medisyne
’n Vreetsame dag in die park
Smous uit die dode
Eie familie
Die Nuwejaarsdans
Sy is dalk hy en nie hý nie
Voëls van eenderse vere
Die kwaai oorlidde ounôi
’n Deeglike probleem
Inhoudsopgawe
Отрывок из книги
Die antie met die pienk rok
en ander stories
.....
Soos wat die antie daar voor my staan, knyp sy darie geweldige pienk rok van skuins onner haar blaaie af vas deur haar magtige kloof tot tussen haar kuite waar hulle agter haar bank se sitplek wegraak.
Ek probeer, ná ek dit gesien het, die plek in die gesangboek kry. Maar net toe ek die plek het, toe wonner ek of sy nie gelaat los het nie. En ek kyk.