Jeremy vannie Elsies
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Jeremy Vearey. Jeremy vannie Elsies
Die grootloop begin
Die sypad deur Hemel-en-Aarde Vallei
Die oorlogspad roep
Op die oorlogspad
Die kettingloop
Huis toe langs die ongekende pad
Stroomaf met die donker stroom
Die swerftog na die dieper reg
Versigtig deur die brandstrook
So in die verby
Fotoseksie
Woordelys
Afkortings
Bedankings
Отрывок из книги
Jeremy vannie Elsies
Jeremy Vearey
.....
Miskien het die gedurige lopery saam met Pa en sy vriende deur Elsies, Tiervlei en Uitsig vir hulle ook so iets beteken. In die laat sestigs, lank voor Elsiesrivier uitgerafel het – in gesiglose kranse van betonfletse en eenvormige munisipale gehuggies, geometries georden deur teerstrate wat ons sosiale loopweë ontwortel het – het die mense geloop in stofstrate tussen djaarts en sinkkrale, oor sandvlaktes met portjacksons en bloekombome; dit was die weë van ons gemeenskaplikheid. In dié sin was Pa se kuierstaptogte met my na alle hoeke van Elsiesrivier en Tiervlei die beste inwydingskool van my komvandaan.
En dit is juis hoe ek die skipbouers van Eureka-landgoed ontmoet het. Ek was omtrent agt jaar oud toe Pa en ek een bloedwarme Saterdagmiddag sy gunstelingspeelmaat vir domino’s by die werk moes gaan haal. Van ons djaart in Balvenielaan af loop ons noordoos deur die sinkbedekte sandveld van Malawikamp verby meneer Matunsi se huis. Hy sluit by ons aan en begin bekommerd gesels oor die nommer wat die munisipaliteit op sy sinkhuis geverf het. Dis glo iets te doen met ’n ding wat hulle die Groepsgebiedewet noem en wat glo vir meneer Matunsi en sy vrou na ’n vreemde plek genaamd Gugulethu toe gaan skuif.
.....