Tydbom

Tydbom
Автор книги: id книги: 1628644     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1899,86 руб.     (21,56$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Биографии и Мемуары Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9781920323776 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Johan Marais verlaat skool op ouderdom 16 om by die polisie aan te sluit. Wanneer hy in die tagtigerjare oorgeplaas word na die Oos-Randse Onluste-eenheid, is hy ’n geharde polisieman en sukkel hy reeds met ’n drankprobleem. Hy is ’n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit. Hy ontken egter deurgans die uitwerking van al die trauma op sy persoonlike lewe.Later verlaat hy die polisie om sy eie skrootonderneming te begin, maar die simptome van post-traumatiese stres steek kop uit. Sy huwelik loop op die rotse en hy begin om Pretoria se plesierhuise te besoek en verhuur selfs sy dienste uit as “nutsman”. Soos hy afgaan in ’n maalkolk van depressie en fisieke pyn weens sy drankmisbruik, eksperimenteer hy ook met dwelms. Hy pleeg amper selfmoord voordat hy teenoor homself erken dat hy hulp nodig het.Marais het dié boek geskryf om sy duiwels te besweer. Sy eerlike, reguit vertelling getuig vol rou menslikheid. Dit skok en gryp jou terselfdertyd aan die hart.

Оглавление

Johan Marais. Tydbom

Отрывок из книги

Toe apartheid nog wet was, sluit Johan Marais as jong seun by die Suid-Afrikaanse Polisiemag aan. Dan volg ’n nagmerrierit deur ’n verwronge wêreld van geweld soos sy lewenspad deur Suidwes en die brandende townships van die Oos-Rand loop. Uiteindelik verval hy in ’n parallelle heelal van korrupsie, seks en dwelms.

Tydbom is nie vir sissies nie. Maar vir die leser wat die spervuur kan deurstaan, wag daar ’n merkwaardige verhaal. Dit is tegelyk Marais se boetedoening en sy eie vorm van terapie - ’n hoogs persoonlike rekord van die geestelike foltering wat iemand met post-traumatiese stres beleef.

.....

Ná ’n paar maande op patrolliediens rapporteer ek weer vir een van die vele nagskofte. Dit is in die winter. Van der Merwe, ’n ou van min of meer my ouderdom, is die aand my bestuurder. Omdat dit maar stil kan raak in die oggendure, het ons ’n draagbare FM-radio by ons om musiek te luister. Die patrollievoertuig is ’n ou groot, lomp Dodge-bakkie.

Dié aand sit ek en probeer die FM-radio op ’n stasie kry. Van, wat maar altyd ’n bietjie windgat was, is soos gewoonlik haastig op pad na nêrens en vat elke draai met spoed. By die volgende draai vlieg die deur aan my kant oop en ek word uitgeslinger. Eers rol ek en toe begin ek te skuif. Nog voor ek behoorlik tot stilstand kan kom, staan Van reeds by my en vra: “Is jy oukei, is jy oukei?”

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Tydbom
Подняться наверх