My redder, my beminde
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Malene Breytenbach. My redder, my beminde
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
Отрывок из книги
My redder, my beminde
Malene Breytenbach
.....
Haar pa soen haar op haar voorkop en vat die hand wat nie verbind is nie. “Jou regisseur is vreeslik bekommerd oor jou, maar hy en die ander mag nie in die intensiewe eenheid kom nie. Jou agent is omtrent rasend. Oulike meisie, duidelik baie begaan oor jou. Net jou naaste familie mag jou hier sien. Almal het hulle lam geskrik, maar Sam Williams sê hy is net dankbaar dat die film klaar geskiet is. As die ongeluk voor die einde van die verfilming gebeur het, sou dit glo alles ontwrig het. Dit klink nou nie juis baie simpatiek nie, maar die man het seker ’n punt beet.”
En hoe! dink Adela. Maar sy kan nie helder dink nie. Alles is vaag. Sy probeer inneem wat almal om haar praat, maar dis of hul woorde soos rook in die lug bly hang.
.....