Wie of wat is dit wat in die nag in die koshuis se gange rondsluip? Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad, veral toe hulle verbied word om hulle siek maats te besoek. Toe hulle besluit om ondersoek in te stel, verdiep die raaisel van die kinders se verdwynings. Wat maak die hoof van die koshuis in die middel van die nag in die laboratorium. En wie is die man met die vreemde reuk en snaakse voete? ’n Lekker grillerige speurstorie vir jong lesers.
Оглавление
Marianna Brandt. Emma en die geheime gang
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
Отрывок из книги
Emma en die Geheime Gang
Marianna Brandt
.....
“Ek is Emma Odendaal.” Sy hou sommer dadelik van die twee meisies. Sy kry hulle jammer omdat hulle so oorgewig is. Maar nou ja, dis nie haar probleem nie, dink Emma. Sy moet net keer dat sy nie ook later so lyk nie.
Asof die twee meisies haar gedagtes lees, sê die blondekop: “Ek en Willa het hard probeer gewig verloor dié Kersvakansie, maar dit was nie so maklik in die kinderhuis nie. Mense het ons weer so bederf, en meneer Snopke het ons ook nie vergeet nie. Hy het elke dag eetgoed afgelewer.”