Mia en haar gesin gaan hou vakansie in Stellenbosch. Dan is die hele gesin in 'n motorongeluk is waarin niemand seerkry behalwe Mia nie. Mia sterf, omdat sy nie 'n veiligheidsgordel aan het nie. Omdat haar ma die een keer gesê het sy kan op haar skoot sit. Dit gaan oor hoe haar ma Mariska haar pyn en hartseer verwerk en haarself vergewe. Maar ook oor nuwe lewe, en jou lewe se herstel en terugbymekaar probeer kry na die dood van jou kind.
Оглавление
Mariska Robberts. Mia
Voorwoord
Die speling van lig
Blou I
Swart
Grys
Pienk
Reënboog
Donker
Lig
Blou II
Slot
Wanneer ’n pa treur
’n Brief aan ouers wat ’n kind verloor het
Bedankings
Bronnelys
Inhoudsopgawe
Отрывок из книги
’n Ma se storie van
verlies en hoop
.....
Heinrich en Hannelie het ons heelwat later met ’n gehuurde bussie huis toe geneem. “Huis” was die mooi plaashuisie. Ek het op my bed gaan lê. Wanneer ek nou terugdink, kom daar niks in my gedagtes op nie. Ek kan werklik bitter min van die res van daardie dag onthou.
Later het ek gehoor Hannelie was die hele aand daar en het almal versorg. My skoonsuster en swaer was ook daar, het iemand later vir my vertel. Hulle wou ons na hulle huis in Somerset-Wes neem, maar ek wou glad nie saam met hulle gaan nie.