Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer. Daar is egter ook soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan se fisioterapeut te wees? Belangriker nog: Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?
Оглавление
Naretha Franken. Ter wille van geluk
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
Inhoudsopgawe
Отрывок из книги
Ter wille van geluk
Naretha Franken
.....
Hulle het besluit om haar ouma se huis te verhuur totdat Stiaan skool toe moet gaan. Daardie tyd het dit na die regte ding gelyk, maar vanaand wens Marina dat sy nooit die besluit geneem het nie. Vanaand wil sy so ver as moontlik van dié plek af wees.
Omdat haar verblyf en werk so naby mekaar is, kom Stiaan baie dae sommer saam met haar en is hy vir baie pasiënte ’n opkikkering in hul dag. Met sy groot blou ogies en liefdevolle geaardheid het hy van kleins af pasiënte se harte gesteel en stil-stil met die rehabilitasie van party van hulle gehelp. Soms het sy hom selfs toegelaat om vir Milo, sy Jack Russell, saam te bring as sy gedink het dit sou help om iemand se gemoed ligter te maak.