Neels Jackson glo dat godsdiens grootliks gaan oor die navolging van Jesus. Vir hom het Jesus se liefde egter implikasies vir die gay debat. Jesus se liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se liefde vir die randfigure van sy tyd. Die skrywer ontleed die sewe gay-tekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en vul sy argument aan met die behandeling van 'n misverstande en ander argumente wat gaywees veroordeel.
Оглавление
Neels Jackson. Jesus vir almal
Inleiding
Deel 1
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 4
Hoofstuk 5
Hoofstuk 6
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Deel 2
Hoofstuk 9
Hoofstuk 10
Deel 3
Hoofstuk 11
Deel 4
Hoofstuk 12
Hoofstuk 13
Hoofstuk 14
’n Nawoord
Inhoudsopgawe
Отрывок из книги
Jesus vir almal
Neels Jackson
.....
Die vraag het natuurlik toe ontstaan of dit moontlik sou wees om ’n meer akkurate historiese prentjie van Jesus te skets. En dit het die weg gebaan vir allerlei hipoteses en voorstelle.
In dié gesprekke het daar ’n klomp interessante gedagtes na vore gekom, maar ook ’n klompie sienings wat die tradisionele geloof tot in sy diepste fondamente bevraagteken het. So was daar stemme wat aangevoer het die hele gedagte dat Jesus God is, kom nie van Jesus self nie. Dit, en die belydenis dat God ’n Drie-eenheid is, is eers in die vierde eeu geformuleer. Só is daar aangevoer.