Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Nico Nel. Die kinders eet viennas, maar 'n man kan nie relax nie
Отрывок из книги
maar ’n man kan nie relax nie
Nico Nel en Uys van der Hoven
.....
Ná die geboomklimmery het SW beweer die Volkswagen kan ook in ’n eenrigting voor Luigi’s ry. Ek het dit geglo, maar SW wou dit desondanks bewys. Ons is toe daar op in die eenrigting, verby “Die Stal”, links op die hoek by Anita se flat en toe weer regs by die H.B. Thom-teater. Net daar moes die Volla se wieletjies ingevou het of iets, want dit het na my kant toe omgerol tot op sy dak.
Ons albei was dadelik baie besorg oor ons huismaat se speaker, want hy was bekend daarvoor dat hy kon vuisslaan. SW het die radio begin stel en vir my gesê ons toets net gou of die speaker nie iets oorgekom het nie. Ons het toe die speaker goed getoets. Dit was ’n mooi song en ons het begin saamsing.
.....