Kritiese gedagtes oor die Afrikaanse kultuurstrewe en literêre beweging.
Оглавление
N.P. Van Wyk Louw. Lojale verset
Suid-Afrika as ou land
Kultuurleiers sonder kultuur
Die aristokratiese ideaal
Gelykmaak en rangordening
’n Toneelopvoering in Kaapstad
Reklame vir die literatuur
Die ewige trek
Burger en kunstenaar
Die onsterflikheid van die kuns
Individualisme en kentering
Mooi prosa
Kritiese skole
Kritiek oor kritiek
Die jonger Afrikaanse literatuur
Die idee van groot kuns
Volkskritiek
’n Lewenshouding vir ’n moderne mens
Отрывок из книги
N.P. van Wyk Louw
LOJALE VERSET
.....
En in die literatuur wil ek ook nie hê dat ons dadelik dieselfde sonde met die jongeres soos met die oueres begaan nie – om “klein klassieke” van hulle te maak nie. Gelukkig is die volk wat literatuur het, maar geen “klassieke” en geen literatuurgeskiedenis – die geklassifiseerde mottekas van die poësie en die lewe – nie. Hoe sou ’n liriese digter ook onbevange kon voel en skep, as hy altyd gedagtig aan sy “plek in die Afrikaanse literatuur” en “die rigting van ons poësie” moes rondloop. Die literatuur en die geestelike lewe as geheel is stryd, woeling en die opskuim van onberekenbare dinge.
Die pad moet nie vir die jeug gelyk gemaak word nie, maar hy moet ten minste die geleentheid kry om te kan veg. Sy stryd uit te veg, en nie dié van ’n vorige geslag nie. (Tot kort gelede was dit selfs onmoontlik om iets teen een van die aanvaarde kultuurleiers onveranderd gepubliseer te kry.) ’n Skoon kans voor – dis al wat hy nodig het. Die jeug moet die kans kry om meer lewe onder ons te bring – die jeug met al sy verwarring, sy soek en sy onsekerheid. Hy kan dit doen, want sy lewensvorm is dié van die lewe self.