Robbie se broer se roer en ander jagstories

Robbie se broer se roer en ander jagstories
Автор книги: id книги: 1629695     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1229,32 руб.     (14,34$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Контркультура Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780798172400 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Pienkes du Plessis is terug met ’n nuwe bundel kortverhale. In Robbie se broer se roer en ander jagstories vertel Pienkes stories oor alles wat met jagekspedisies gepaardgaan – en oor dit wat verkeerd loop! In een verhaal moet drie ooms afreken met ’n slang in hul bakkie; in ’n ander verhaal verloor ’n plaasjapie ’n weddenskap en sluk ’n streepmuis heel af, en in die slotverhaal, “Wie braai, ek of jy?” word ons voorgestel aan Jan Somme, ’n man wat “uit sy hart braai”, “met ’n groot lied in sy hart.” Pienkes skryf met sy kenmerkende, fyn humorsin oor vuurmaak, braai, kamp opslaan, sleepwaens pak en onderonsies met wilde diere, maar hy vertel ook staaltjies van toentertyd. Nostalgiese stories, perfek vir lekker lag om die kampvuur.

Оглавление

Pienkes du Plessis. Robbie se broer se roer en ander jagstories

Oupa gaan hemel toe

As Grootoom Brombek self gaan jag

Deurmekaar!

Emmer en die dapper stapper

Hoeveel kante het ’n storie?

Hy pik jou dood-dood-dood!

’n Pot vol hongersnood

Robbie se broer se roer

Skiet ’n bok, Pa, ’n grote, seblief, Pa

Skiet, kind, skiet!

Stoffel en die streepmuis

Op Kerneels! 1

Wie braai, ek of jy?

Отрывок из книги

PIENKES DU PLESSIS

Robbie se broer se roer en ander jagstories

.....

Skottelgoed was by die kraan van die sementdam langs die skuur bied aan die Temmers ook nuwe uitdagings: om messe en vurke en dies meer só onder die lopende kraan te posisioneer dat Medetemmers ook bespuit word. Medetemmers reageer altyd sonder huiwering, maar altyd ook met nog meer innoverende maniere om messe en vurke en dies meer strategies onder die kraan te posisioneer. Die Hooftemmer, wat nog besig was om oor ’n glasie cabernet in die vuur te tuur, slaag uiteindelik daarin om die skottelgoedgeveg stop te sit en drie papnat Temmers en hulle half gewaste eetgerei vol sand en heuning terug in die sinkskuur te kry. Maar die kraangevegte vat aan hom. Dié dat hy sommer nog ’n glas cabernet skink.

Die volgende aand, besluit die Hooftemmer, is dit tyd vir sterre soek met die verkykers. Die Aandster, die Suiderkruis, die Kaapse Wolkies, die Melkweg, die Drie Konings, die Jagter se Hond, die Skerpioen, die Sewe Susters en nog ’n halfdosyn ander is almal op sy lys van wat die Temmers moet ken voordat hy hulle weer by hulle ma’s in die stad gaan aflaai. Maar die Hooftemmer het nie rekening gehou met swaardgevegte met gloeiende takpunte en verkykers wat in die donker verstrengel raak, of dat hulle mekaar omstamp by die teleskoop op die driepoot sodat die Sewe Susters naderhand te prate sit met die Drie Konings en die Jagter se Hond agter die Kaapse Wolkies wegkruip nie. Min of meer so iets, volgens die een Temmer, en sterk ondersteun deur nog ’n Temmer (die Verskriklike).

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Robbie se broer se roer en ander jagstories
Подняться наверх