Bottelnek

Bottelnek
Автор книги: id книги: 1628529     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1676,35 руб.     (19,55$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Контркультура Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624052425 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Toe die son een oggend taaierig loskom uit die greep van Goudveldse mynhope, skop Joe Smit sy slaapkamerdeur oop, stap tot by die dubbelbed waar twee figure vervaard probeer orent kom en trek die sneller van sy 9 mm-Astra twee keer. Hy klim in sy ou Mazda en ry noord. Hy ry uit die bleek Vrystaatse vlaktes die donker hart van die grootstad binne – op die bloedspoor wat jare terug in sy bewussyn ingekerf is. By ’n besige kruising in ’n Johannesburgse straat hou superintendent Pine Pienaar stil by ’n silwer Mercedes wat dwarsweg oor die middelman hang. Die bestuurder het ’n koeëlgat in die kop. Later lê daar in die distrik Vrede ’n boer by die laaste hek voor sy plaashuis, ’n taxibestuurder van Berea langs die Bapsfonteinpad, en by ’n klompie doringbome tussen Welkom en Virginia die vernielde lyk van ’n mynwerker. Almal is deur dieselfde negemillimeter geskiet, en elkeen het dieselfde tatoeëermerk op die arm: ’n kopbeen met twee weerligstrale. En as dit uiteindelik lyk asof al die leidrade duidelik uitgekerf lê, kom Pine Pienaar en sy span speurders agter hoe onpeilbaar die teksture van haat, verraad en bloedlus kan wees, en dat daar agter die een skadufiguur telkens nog een opduik . . . Piet Steyn volg s treffer-debuut, Snoeiskêr, op met ’n verhaal wat die tipies Suid-Afrikaanse landskappe van misdaad en geweld nog grondiger verken. In die tweede sup. Pine Pienaar-misterie vermeng hy twee van die stormagtigste plaaslike werklikhede, ’n mynersbestaan en die Johannesburgse onderwêreld, in ’n intrige wat lesers nagte lank sal laat rondrol.

Оглавление

Piet Steyn. Bottelnek

» 1 «

» 2 «

» 3 «

» 4 «

» 5 «

» 6 «

» 7 «

» 8 «

» 9 «

» 10 «

» 11 «

» 12 «

» 13 «

» 14 «

» 15 «

» 16 «

» 17 «

» 18 «

» 19 «

» 20 «

» 21 «

» 22 «

» 23 «

» 24 «

» 25 «

» 26 «

» 27 «

» 28 «

» 29 «

» 30 «

» 31 «

» 32 «

» 33 «

» 34 «

» 35 «

» 36 «

» 37 «

» 38 «

» 39 «

» 40 «

» 41 «

» 42 «

» 43 «

» 44 «

» 45 «

» 46 «

» 47 «

» 48 «

» 49 «

» 50 «

» 51 «

» 52 «

» 53 «

Erkenning

Отрывок из книги

PIET STEYN

Die rookmis vanaf Vosloorus en die plakkerskamp aan die oorkant van die N3 het soos ’n grys kombers oor die snelweg toegesak. Superintendent Kat Harmse kyk vlugtig in die truspieël, swaai na die regterbaan en buk oor sy stuurwiel asof hy na iets reg voor die neus van sy rooi Alfa GTV soek. En dan sien hy dit – op die grasstrook tussen die twee lane van die pad staan ’n wit BMW met die deure oop en sy neus tussen die heiningbosse ingedruk, daaragter twee patrolliemotors met flitsende ligte. Kat rem skerp en hou met slepende bande agter die patrolliemotors stil. Hy maak sy deur oop, en dit is asof hy ’n oomblik verstar wanneer die saamgeperste lug en klank van die verbysnellende verkeer by sy knus motorkajuit ingehamer word.

.....

Hy sit die wapen langs hom op die bed neer en vee sy hande aan die lakens af, syg terug op die kussings, sy hande agter sy kop. Miskien moet hy met iemand gaan praat, ’n sielkundige of ’n ding. Maar wat sal die ander manne sê? Superintendent Pine Pienaar, die breker van die EGM, is koekoes. Hy kan dit nie meer vat nie? Not ’n hel!

Hy swaai sy bene van die bed af, drink die glas water op die bedkassie leeg en laat sak sy kop in sy hande. Wag dat die onstuimigheid in hom bedaar.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Bottelnek
Подняться наверх