Tik

Tik
Автор книги: id книги: 1628582     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1899,86 руб.     (21,77$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Ужасы и Мистика Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624055310 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemane hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom. Wat is Charlie se verhaal? Hoe hou dit verband met die een lyk na die ander wat in die Vaalrivier afgedryf kom? Eers toe Kat net-net daarin slaag om te keer dat Charlie self in 'n watergraf beland, begin iets van die misterie deurskemer: Die kultusleier van Vrede oefen sy mag uit deur jong kinders gyselaar te hou. As hulle nie gou speel nie, sterf 'n seun. En as hý reeds dood is, het hulle nou ook vir Baby!

Оглавление

Piet Steyn. Tik

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

32

33

34

35

36

37

38

39

40

41

42

43

44

45

46

47

48

49

50

51

52

53

54

55

56

57

58

59

60

61

62

63

Erkennings

Отрывок из книги

Vir ou Saai – hy was ’n vriend

Die houtvoordeur met die uitgekerfde olifant bars oop en ’n middeljarige vrou strompel skreeuend en met ’n bebloede gesig oor die voorstoep en deur die gordyn van hangende varings, val-val die trap af en met haar arms hemelwaarts gestrek, pyl sy op die halfoop voorhekkie af. ’n Jong man met ’n vuilswart Che Guevara-T-hemp wat oor ’n denim met bokknieë hang, slinger met ’n pompaksie-haelgeweer in die hand deur die deur en struikel ’n slag met sy deurgetrapte sandale oor die klapperhaardeurmat. Sy gesig en oë is vertrek tot ’n soort waansin-masker, spoeg en kwyl en ’n klomp onverstaanbare krete spat by sy mond uit.

.....

“Ag hel, dit ook nog!” sug die groot speurder moedeloos. “Ek het die bliksem geskiet, Pine. Jerome het niks daarmee te doen nie, sy pistool is flenters geskiet voordat hy ’n skoot kon aftrek.” Kat se oë raak skielik vasgenael op ’n figuur met ’n wit jas wat doenig is by een van die komberse. “Daar sal nie probleme wees nie, dit was ons of hy,” sê hy afgetrokke.

Pine volg sy oë na die witjasfiguur, knipoog vir Jerome.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Tik
Подняться наверх