Piet Swanepoel neem die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories. Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik. In “Dem Foel” het ’n Afrikaanse boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman. In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk. In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in.
Оглавление
Piet Swanepoel. Marico se mambas
MARICO SE MAMBAS
MARICO SE MAMBAS
JY VERTEL DIE STORIE VERKEERD
OOM ATTIE SE SPAN
DEM FOEL
DIE SANDKLIPHUIS
MAAR NET ’n OU SKOENMAKER
WIE SKRIK NOU VIR ’n LEEU?
DIE RUILTRANSAKSIE
WILLEBOERE EN WONDERSTEMME
STERK MANNE
PAGEL SE SIRKUS
MANNE VAN STAAL
GETROU TOT DIE DOOD
DIE HEUNINGNES
OU VINGERTJIE
SPOKE
KRANSFONTEIN SE MENSE
OP DIE WALLE VAN DIE VAAL
DIE GROOT WATER
LEWENDIGE LOSKOPPE EN BENEWELDE BOERE
’n JEEP HET NIE LEISELS NIE
OUMA ELLA
DIE WATERBOBBEJAAN
DIE WATERBOBBEJAAN II
WATERBOBBEJAAN III
Отрывок из книги
Jagstories, liegstories, spookstories
Piet Swanepoel
.....
Oom Basjan lag die lekkerste. Cornelis geniet ook die grap en vertel wat hy alles gelees het. En hy vra vrae. Oom Basjan sê: “Jong, ja, dit kan so wees, maar daardie is maar die siening van mense met ’n graad of wat agter die naam wat in slangparke en dieretuine navorsing en proewe doen. Van ’n mamba in sy natuurlike staat weet hulle bokkerol. Dis ’n wit perd van ’n ander kleur. Een man wat met gesag oor mambas geskryf het, was Eugène Marais, want gedurende sy verblyf in die Waterberg het hy ’n hele paar ondervindings met mambas gehad. Die kêrel van Port Elizabeth, Fitzsimmons, het juis destyds van Marais se bevindings as sy eie opgedis in sy slangboek. Marais sê iewers in een van sy boeke dat hy nie omgee dat die heer Fitzsimmons dit gedoen het nie, maar hy gee wel om dat die heer Fitzsimmons dinge bygelas het wat hy uit sy duim gesuig het.”
“Ja, oom Basjan, ek het ook die stukkie van Eugène Marais gelees. Is die mamba werklik so vinnig as wat daar beweer word?” vra Cornelis.