Sirkusboere

Sirkusboere
Автор книги: id книги: 1628535     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1676,35 руб.     (18,08$) Читать книгу Купить и скачать книгу Электронная книга Жанр: Историческая литература Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780624053361 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bulder Ben. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!” Hy stap van een kant van die arena na die ander. “Ek wil u voorstel aan ’n groep helde uit die mees verafgeleë dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg – en hulle doen dit vandag weer. Dié keer vir u plesier.” Hy word luid toegejuig. Dan verskyn daar uit die stof en rook ’n stil figuur. Agter hom huiwer ’n vrou en ’n agterryer wat lyk asof daar trane oor sy wange loop. Die gehoor versober. Die applous rafel uit. “Generaal Piet Cronjé,” roep Ben oor sy megafoon. Cronjé gaan staan met ’n geboë hoof voor die gehoor. Twee keer per dag voer hy sy grootste vernedering op: sy oorgawe in die slag van Paardeberg. Wanneer die kanonne begin bulder, is hy nie in die Amerikaanse stad St. Louis, waar hy aan die sirkusbaas Frank Fillis se Boereoorlogspektakel deelneem nie. In sy gedagtes is hy weer op die slagveld. Waarom doen Cronjé dit? Waarom het soveel ander oudstryders in 1904 besluit om skouspel van hul trauma te maak? En wat voer die rustelose Ben Viljoen in die mou? In Sirkusboere herken jy in die karakters mense wat jy steeds teëkom: Cronjé wat verknog is aan sy smaad; Viljoen wat die verlede soos ’n vrot vel van hom afskud; Fillis vir wie die lewe ’n sirkus is. En so gebeur dit dat verlede én hede oormekaar skuif, met die makabere gedreun van applous in die ore.

Оглавление

Sonja Loots. Sirkusboere

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

Erkennings

Отрывок из книги

Vir Pieter

As hy die vorige nag tot laat gelag en rinkink het, kon hy die volgende oggend die spore van min slaap op sy gesig sien. Frank se vel het sy ontberings begin onthou. Sy voorkop kon nie meer vergeet van al die kere dat dit gefrons het nie, of sy keelvel van al die plekke waar dit voorheen gefrommel het nie. Frank se lyf het sy lê begin kry langs ou lyne, in vertroude voue. Dit was ’n lyf wat voorheen versweë dinge begin verklap, soos ’n stuk kraakvars koerantpapier waarin ’n stink vis toegemaak is, en wat geleidelik deurweek word, gevlek word, en nooit weer glad gestryk kan word nie.

.....

“Vuur,” het Frank geroep sekondes nadat sy voetsole losgeraak het van die wipplank, selfs voordat hy nog behoorlik oor hul koppe geseil het. Die kuns was om ver genoeg te spring sodat jy nie tussen die soldate land nie, of bo-op hul bajonette nie, om nie te vroeg die skietbevel te gee nie, maar ook nie só laat dat die toertjie alle waaghalsigheid inboet nie.

Toe hy die eerste keer ongedeerd op ’n matras land, terwyl die rook en die reuk van die skote nog in die lug hang, het hy vir ’n oomblik weer die óú uitgelatenheid geproe, die euforie wat volg as jy wegkom met roekeloosheid. Daarna het hy die toertjie elke aand herhaal.

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Sirkusboere
Подняться наверх