Wat het geword van Dinsdag?

Wat het geword van Dinsdag?
Автор книги: id книги: 1630053     Оценка: 0.0     Голосов: 0     Отзывы, комментарии: 0 1403,38 руб.     (13,71$) Читать книгу Купить и скачать книгу Купить бумажную книгу Электронная книга Жанр: Контркультура Правообладатель и/или издательство: Ingram Дата добавления в каталог КнигаЛит: ISBN: 9780798178044 Скачать фрагмент в формате   fb2   fb2.zip Возрастное ограничение: 0+ Оглавление Отрывок из книги

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.

Описание книги

Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag? Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina. ’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.

Оглавление

Tinus Horn. Wat het geword van Dinsdag?

Die radio in die taxi is oud en krapperig. Dit klink asof die omroeper oor sy woorde struikel, en dis seker gepas in ’n stad vol Argentyne en Hongare en Slowake en Swede en Belarusse wat sukkel om mekaar se kodewoorde wat vir Engels moet instaan te ontsyfer

Hier’s hy weer, die ou met die fiets. Die twee trek nogal op mekaar, of hulle sou, as mens ’n fiets as “seningrig” kon beskryf. En hoekom kan mens nie? Die man is natgesweet en sy asem jaag. Die fiets, ’n donkerblou Raleigh, miskien bietjie meer gevorderd as die rooie wat ek op skool gehad het, lyk moeër as die man; seker dié dat die man hom teen die trappe op dra. Moeg of nie, die paartjie zoem by my verby, twee trappe op ’n slag. “Hi there,” sê die ou so in die verbygaan

By Wits het ek van die vorige jaar af skelm in my ateljee geslaap en by die sportklub se gym gestort. Ek sê my ateljee. Dit was eintlik ’n M-student s’n; die derdejaars het ’n groot gemeenskaplike ateljee gebruik. Sy het ’n ateljee by die huis gehad en wou nie een by Wits hê nie. Bill Chymes het in my oor gefluister ek moet haar vra of ek dit kan oorneem. En sy het ja gesê. So maklik soos dit. Die admin by Wits was chaoties. Niemand het vrae gevra nie. Die volgende jaar het ek net aangebly. Simone Butler het min of meer dieselfde deal gehad. Ons was Bill se witbroodjies

Martin Jennings, ’n mede-student wat later roem verwerf het as die Weekly Mail se spotprentkunstenaar maar ná 1994 gefire en deur Zapiro vervang is omdat Martin die nuwe regering net so driftig aangeval het as die oue, het my die aand van die uitstalling met Lloyd sien gesels en so in die verbyloop vlak agter my oor gefluister: “Whore!”

Ek het my verbeel ek gaan by die Metropolitan Museum uitstap en oorloop van inspirasie en aan die werk spring met my lewenstaak. Hier is kilometers muur- en vloerspasie wat die hele opgetekende en vervoerbare geskiedenis van kuns, van omtrent 900 vC tot vandag, netjies opsom

Hoekom is ék in New York? Dis al plek wat oorbly, die ander kandidate het hulself gediskwalifiseer. Grappie, hie-ha. Mens kan nie ’n plek ná net ’n paar weke beoordeel nie. Tog wéét mens, of jy verbeel jou jy weet. Sonder vriende en sonder rede het ek in Praag tuis gevoel. Iets in die lug of dalk in die bier. Maar hoe oorleef ek daar? Waar kry ek vastrapplek? ’n Goeie begin is om die taal aan te leer, en dit sal ek dalk nog oorweeg. Alles sou makliker gewees het in 1991, toe ek drie gelukkige maande daar beleef het. Vryheid nog vars en almal het geglo enigiets is moontlik

Ek is die volgende dag met die Rambler na Frankie se huis toe. Ek het destyds vermoed hy’s ’n bietjie suur omdat my ma vir my die sleutel gegee het. Maar hy is nie wrokkig nie en hy kon die Cortina na hartelus gebruik

Ek het Nina ontmoet toe ek in my derde jaar en twee-en-twintig was en sy in haar tweede en negentien. Ons het in die Julie-vakansie dieselfde kortkursus in poppespel-animasie geloop. Sy was ’n dramastudent sonder enige aanspraak op kunsvaardighede, maar het dinge soos beweging en tydsberekening instinktief verstaan. Ek kan nie onthou of ons per ongeluk langs mekaar beland het en of die klasgesprekke ons na mekaar toe gedryf het nie. Dalk die feit dat ons Afrikaans was. Ons het geesdriftig oor die meganika van stories gebabbel, veral nadat ons die flieks van die Tsjeggiese meesters Jan Švankmajer en veral Jiˇrí Trnka gesien het. Ek het gesê ons moet die klasse verder skiep, ons weet nou mos wat ons moet weet, maar Nina was bang hulle skop ons uit en dan kan ons nie die universiteit se kamera, ’n Bolex H-8, gebruik nie. Wonderlik eenvoudig, nog met ’n hand crank. Ek was toe al lank genoeg daar om te weet mens kon reëls amper na willekeur verbreek: Wits was erg oor die idee dat mens nie aan kunstenaars moet karring nie. Van die dosente het probeer, maar aan hulle vee mens in elk geval jou gat af, of dit nou jou punte afbring of nie. En ons het mos betaal. ’n Fortuin, op ons skrapse begrotings. Maar ag, Nina kyk net só vir ’n mens en jy verlep

Ek het op 2 Desember by my ma gekuier

Natuurlik het Elrike vir Nina by my betrap. Sommer die volgende dag al. Sy was woedend. Op haar tande gekners en my aangegluur. Met Nina was sy baie gaaf. Haar gevra of sy ook skilder en gesê sy’t die mooiste vel en haar sproetjies is beguiling

Op my tweede of derde dag terug in Johannesburg het ek na Elrike toe gery. Dit was knap voor toemaaktyd. Toe ons vir mekaar hallo sê, het sy dieselfde oor gebyt as die eerste keer, maar dié keer nie as strafmaatreël oor my gebrekkige higiëne of om permanente skade aan te rig nie. Sommer net ’n simpel, woordelose grappie oor daardie eerste dag. Of iets

Amsterdam is wonderlik, ek weet. Maar die tyd was verkeerd vir my. Ek het op die vliegtuig al gewens ek het eerder by Nina gebly. Geen begeerte gehad om die gragte en dyke en kanale te verken nie. Rembrandt se wonderwerke in lig en skadu, natuurlik ja. Frans Hals? Mmmm. Briljante vakman. So what?

Fort William is die plek waar ek eendag my lewe wil afsluit met klein waterverfskilderye en rympieboeke vir kinders. Ek is die soort kluisenaar wat nie naastenby sonder ander mense kan klaarkom vir meer as ’n maand of twee nie. Ek sou baie gouer moeg geraak het vir Greg en Desdemona se plot as ek Nina minder gereeld gesien het en nie in die kombi kon klim en stad toe ry vir musiek by ’n jazz of blues venue of kakpraat of whatever nie

Drie dae later het ek op Heathrow op ’n vliegtuig geklim Suid-Afrika toe. Ek het nie meer omgegee oor die skildery nie. Elrike het my maande later laat weet ons het die kenners en die wetenskaplikes geflous, of Lloyd het hulle omgekoop, en die skildery het ’n rekordbedrag vir ’n Morisot op ’n veiling gehaal. Anonieme foonbod uit Amerika. Sy’t ’n fris bonus by my rekening inbetaal

Ek loop by die voordeur van Banana Bungalow in en ’n vrolike Aussie met ’n tienerbaardjie sê: “G’day.”

Elrike het so ses weke gelede na my huis toe gebel

“Hoe het dit gebeur?” vra Ayala. “Hoe het dit begin? Ek bedoel … die vervalsing-storie?”

Ek staan voor Union Station, Washington DC. ’n Argitektoniese meesterstuk van Daniel Burnham, het ek in my boekie oor die stad gelees. Te strak en te stroef na my smaak

Die son is op. Al ’n tydjie lank. Eers noudat ek bewus raak van die kosreuke uit die kombuis, besef ek hoe honger ek is. Ek het amper ’n volle dag laas geëet. Kos, bedoel ek

Ek storm by die Metropolitan Museum in. Ek wil soos ’n voortvlugtige bo-oor die swaaihek spring terwyl die hoofsekuriteitsbeampte hom aan my vergaap. Binne, dit weet ek, is daar ’n hele swerm sekuriteitsbeamptes, gewapen met walkie-talkies, wat enigeen wat soos ’n boosdoener of ’n lieplapper lyk skaamteloos agtervolg. Ek lyk soos al twee, ja, maar van my is daar min te vrese. Hoe de hel steek mens Autumn Rhythm onder jou winterbaadjie weg?

Inhoudsopgawe

Отрывок из книги

Tinus Horn

Wat het geword

.....

“Iets uit julle boek? Die geween en die gekners? Weet nie veel daarvan nie. Behalwe dat my mense Jesus vermoor het en dis basies my skuld.”

“Toemaar wat, ek het jou vergewe.”

.....

Добавление нового отзыва

Комментарий Поле, отмеченное звёздочкой  — обязательно к заполнению

Отзывы и комментарии читателей

Нет рецензий. Будьте первым, кто напишет рецензию на книгу Wat het geword van Dinsdag?
Подняться наверх