In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoërskoolseun begin die nuwe skooljaar en Trompie, Blikkies, Dawie en Rooie gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse op hulle bak. Die Boksombende maak ook ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisie¬kind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Die bende belê ’n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie ’n meisie se geselskap bo hulle s’n verkies? In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
Оглавление
Topsy Smith. Trompie Omnibus 2
1. Trompie en Rooie
2. Trompie die sakeman
3. Kwaggaberg se fietsryers
4. Trompie die hoërskoolseun
5. Trompie die vink
6. Dawie neem wraak
7. Trompie se ma
8. Trompie die kaptein
9. Trompie die rugbyspeler
1. Trompie die dromer
2. Die vergadering
3. Trompie die danser
4. Trompie en oom Suurknol
5. Trompie en die spook
6. Trompie se grootste wens
7. Trompie die slimkop
8. Trompie die atleet
1. Skool en nogmaals skool
2. Trompie die speurder
3. Trompie die held
4. Die beloning
5. Trompie word gestraf
6. Die eksamen
7. Trompie die plaasseun
8. Die boelie
Отрывок из книги
Omnibus 2
Trompie die hoërskoolseun
.....
“Ek weet, ouens,” sê Rooie, “maar noudat julle op julle fietse rondjaag, voel ek so bietjie, julle weet – uitgestoot.” Hy glimlag moedig.
“Jy moet nooit so voel nie,” sê Trompie hard. “Jy’s een van ons!”