'n Ander mens

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Zirk van den Berg. 'n Ander mens
Отрывок из книги
ZIRK VAN DEN BERG
’n Ander mens
.....
Naby sy woonstel kyk hy op en sien twee onbekende mans voor sy deur staan. Albei lyk in hul laat twintigs. Die agterkant van die een se hemp bult onder die arms – seker ’n liggaamsbouer. Die ander een is skraler, maar dra ook klere wat ’n nommer te klein lyk. Hulle is nie goed genoeg aangetrek om Jehovasgetuies te wees nie. Daniël raai hulle is van die polisie, werk vir Frank, of albei. Hy voel nie lus om hulle te konfronteer nie, selfs al is hulle dalk net slordige sektelede. Hy glip om ’n hoek en in die volgende woonstelgebou in, deel van dieselfde kompleks. Hy klim een stel trappe tot by ’n venster wat oor sy blok uitkyk. Hiervandaan hou hy die twee mans dop. Die dik ou steek ’n sigaret op. Dit lyk of hulle die situasie bespreek. Twee jong meisies kom by die trap af en kyk agterdogtig na Daniël, en hy begin verder klim, maak of hy op pad is boontoe. Op die volgende vlak gaan staan hy by ’n soortgelyke venster en kyk. Nou timmer die maer ou aan die deur. Hulle staan nog bietjie rond, weet nie wat om met hulself aan te vang nie. Die een hurk ’n ruk en kort daarna loop albei weg. Daniël wag nog ’n paar minute.
By sy woonstel kry hy ’n nota onder die deur. Hy raap dit op en glip binnetoe. Frank soek jou. Dringend. Hy kyk deur die loergaatjie om seker te maak daar is niemand buite nie. Dan sit hy die nota terug waar hy dit gekry het. Hy kan altyd maak of hy nie die boodskap gekry het nie. Hy gaan venster toe en probeer sien wat in die straat aangaan sonder om self te na aan die ruit te kom. As die twee boodskappers in ’n kar sit en wag, sal die vensters oop wees in hierdie hitte. Al die karre wat hy kan sien se vensters is toe. Tevrede dat die twee weg is, pak hy ’n stel klere en sy badkamergoed in. Hy loer vir oulaas deur die venster, draf dan met die trap af en klim in sy kar.
.....