Читать книгу Jackie Blue - T. M. Bilderback - Страница 6

Hoofstuk 01

Оглавление

Vincent Lambosa het sy werk geniet.

Vincent was ‘n toepasser vir die Giambini mafia in die stad. Hy het begin toe hy sestien was as ‘n nommers naeler vir ‘n plaaslike beroepswedder. By geleentheid sou die beroepswedder Vincent stuur na ‘n ander man om skuldenaars om ‘betaling opsies’ met hulle te bespreek.

Vincent het homself heel aktief toegespits in sy werk, wat ‘n resultaat van amper een honderd persent ‘kollekte’ rekord beteken het. Hierdie perfekte rekord het die aandag getrek van mense hoër op in die organisasie. Hierdie mense het begin om ‘n oog op Vincent te hou.

Toe Vincent agtien geword het, is hy genooi om Leo Lesko te ontmoet. Lesko was in beheer van ‘n lys beroepswedders in die organisasie, wat hom Vincent se baas se baas gemaak het.

Vincent het Leo ontmoet by een van die tafels in ‘n McFeely’s wat geleë is in Derde Straat. McFeely’s, ook verwys na as “McFeelme’s” in hierdie straat, was bekend daarvoor om hardehout te bedien aan nog harder klante en was al in dieselfde winkel vir vyftien jaar teen die tyd van die ontmoeting. Derde Straat het ‘n agterstraat geraak en het net begin om sy bynaam “Hooker Hollow” te kry.

“Vincent,” het Lesko gesê, en vir hom gewys om te sit. “Dankie dat jy gekom het.”

Vincent het sy erkenning geknik en oorkant Lesko gaan sit.

“Ek sal tot die punt kom, Vincent. Ons dink jou baas skep so ‘n bietjie ekstra vir homself uit die room.”

“Ek weet niks daarvan af nie, Mnr. Lesko.”

Lesko het geknik. “Ons weet jy weet nie, Vincent.” Hy het bier gedrink, dit neergesit en aangegaan. “Wat ons nodig het is dat jy soort van jou oë oop hou vir ons. Ons wil hê jy moet jou baas observeer, kyk vir enigiets ongewoon, en ons laat weet wat jy sien. Kan jy dit vir ons doen, Vincent?”

Lesko het gekyk hoe Vincent die moontlikhede in sy kop ronddraai. As hy dadelik weier om die versoek na te kom, sal sy lewe nie ‘n nikkel werd wees nie. As hy instem om te doen wat Lesko vra, en dan niks opvolg nie ... selfde resultaat. As hy valse inligting rapporteer, en Lesko vind uit daarvan, sal sy lewe weereens niks werd wees nie. Maar ... as hy doen wat hy gevra is om te doen ... sal hy vertrou word en kan hy die leer begin klim in die organisasie.

“Seker, Mnr. Lesko,” het Vincent geantwoord. “Ek kan dit doen. Waarvoor moet ek uitkyk? En hoe kry ek dit by u?” Lesko het hom ingelig.

***


VINCENT HET DIE VOLGENDE vier weke sy baas dopgehou. Hy het agtergekom dis nie so maklik om te kyk sonder dat hy homself weggee nie, maar hy het gekyk ... en gekyk.

Uiteindelik, het hy gesien wat Lesko hom gevra het om voor uit te kyk ... en dit het hom teleurgestel. Hy het gedink – of eerder gehoop – dat sy baas ‘n eerlike skurk is.

Hy het ‘n tiekieboks gesoek en die nommer gebel wat Lesko hom gegee het. Hy was verras dat Lesko self geantwoord het.

“Lesko.”

“Mnr. Lesko, dis Vincent Lambosa.”

“Vincent!” Vincent kon die glimlag in Lesko se stem hoor. “Dis goed om van jou te hoor ... of miskien nie.”

“Mnr. Lesko. Ek weet nie of dit goed is of nie. Ek het hom dopgehou, soos u gevra het. Ek het dit sien gebeur – wat u my vertel het om voor uit te kyk. Ek het hom gesien.”

Lesko was stil vir ‘n oomblik.

“Dankie, Vincent. Ek wil jou komplimenteer op jou observasie vaardighede. Nie almal sou gesien het wat jy gesien het nie. Ek sal jou weer kontak.”

“Dankie Mnr. Lesko.”

Dit was die eerste keer dat Vincent sy God-gegewe observasie vaardighede gebruik het. Natuurlik was hy geen gek nie – hy het geweet dat sy observasie vaardighede so pas sy baas se lewe gekos het. Hy het dit aan homself geregverdig op twee maniere: Een, sy baas moes nie ‘n ekstra skep room geskep het uit die profyt nie en twee: eerder hy as ek.

***


NOU, VYFTIEN JAAR LATER, het Vincent aansienlik hoër op gevorder in die organisasie. As resultaat van sy wonderbaarlike vaardighede in die ‘kollekte’ area, was hy nou in beheer van drie stringe beroepswedders. En hy was in beheer van die ‘beskermings diens’ oor die suide van die stad.

Hy het nog steeds baie van sy eie kollekte hanteer, wat hoofsaaklik vir sy ‘beskerming diens’ was. Sy observasie vaardighede het hom toe goed te pas gekom in daardie spesifieke besigheid. Hy sou ‘n paar maande ‘n voornemende klant observeer sodat hy akkuraat die besigheid verkeer kan oordeel. Dan sou hy kwoteer op ‘n akkurate en, vir hom, ‘n bekostigbare ‘versekering’ premie basis vir die klant. Die ongelukkige besighede wat hierdie ‘versekering’ geweier het, het gereeld skielik afgebrand in die middel van die nag – tot op die grond, ongeag enige brandonderdrukking toestelle wat teenwoordig mag wees.

‘n Paar weke terug, het Vincent ‘n besigheid by ‘n klein geriefswinkel, Kwikstuff, geobserveer, wat vyf blokke weg was en drie blokke weg van die Hollow. Hy het gekyk hoe die Pakistani eienaar verskeie sodas, sigarette en lotery kaartjies oplui en dan het Vincent die snaakste ding gesien.

‘n Slim, mooi blondine, dalk in haar vroeë of miskien middel dertigs het in die winkel ingekom. Sy het voor die plexiglas kabinet, wat die winkel se lotery krap kaarte gehuisves het, gaan staan. Sy het haar hande uit gesteek en haar vingers liggies oor die voorkant van die kabinet laat gly – vorentoe en agtertoe – totdat haar hand voor een van die hokkies tot stilstand gekom het en dan haar oë toe gemaak. Toe haar oë weer oopgaan, het sy na die kassier gestap en een krap kaart gekoop uit die hokkie wat haar aandag getrek het. Sy het by een van die tafels voor die winkel gaan sit en haar kaart oopgekrap. Toe sy klaar is, het sy opgestaan en weer na die kassier gestap.

Die Pakistani het na die vrou geglimlag. “Nog ‘n wenner, Jackie?”

Die vrou het geglimlag en geknik.

Die Pakistani het haar kaart deur die lotery skandeerder laat gaan. “Sjoe! Tweehonderd doller hierdie keer!” Hy het sy kop geskud terwyl hy haar die geld uitbetaal het. “Verloor jy ooit, Jackie?”

Die vrou het geglimlag en haar skouers opgehaal, haar geld voor by haar denim ingedruk en die winkel verlaat.

Vincent het ‘n blikkie asem pepermente gevat en dit na die kassier geneem. Hy het geglimlag na die Pakistani maar die glimlag het nie sy oë bereik nie. “Sy wen baie, neem ek aan.”

Die Pakistani het sy kop geskud. “Ek het nog nooit so iets gesien nie! Sy verloor nooit!”

“Miskien moet ek haar uitvra vir ete. Weet jy wat haar naam is ?”

Die Pakistani het geknik. “Haar naam is Jacqueline Belew, maar ek dink nie sy gaan uit op baie ete afsprake nie. Ek het haar nog nooit saam met ‘n man gesien nie.”

Vincent het geknik, asof hy ‘n besluit geneem het. “Interessant. ‘n Uitdaging. Baie soos om ‘n besigheid te bestuur. Laat ek met jou oor iets praat...” Vincent het verduidelik wat die voordele van sy ‘firma se beskerming’ is. Na kragdadige en intense onderhandelings in die agterkamer, wat veroorsaak het dat Vincent se kneukels uit geswel het, kon hy die nederige en gekneusde Pakistani as een van sy klante beskou.

***


VINCENT HET DIE BELEW vrou vir die volgende week geobserveer by ‘n ander winkel. Sy het ingegaan, weer haar hand oor die kabinet se plexiglas laat gly. Sy het weer haar keuse gemaak, dit gekoop en die kaart gaan krap. En weer het sy dit na die kassier geneem, haar driehonderd doller wengeld gaan haal en die winkel verlaat. Vincent, wat sy besigheid in die winkel klaar gemaak het, het besluit om haar te volg.

Vincent het haar gesien deur sy donker motor voorruit terwyl sy geloop het. As sy te ver voor was, het hy verby gery totdat hy voor haar was en dan gesit en kyk hoe sy nader kom deur sy truspieël.

Jacqueline het ‘n taxi gestop en ingeklim. Vincent het gewag tot dit verby is en toe in die verkeer ingedraai om te volg. Die taxi het op die snelweg geklim. Vincent het drie motor lengtes ver gebly. Na vyftien minute het die taxi ‘n afrit geneem. Sy het na die resiesbaan toe gegaan!

Noudat Vincent geweet het waarheen Jacqueline op pad was, het hy ontspan. Hy het met die eerste geleentheid verby gejaag en eerste by die resiesbaan gearriveer. ‘n Paar minute later, met sy gesig gedeeltelik agter ‘n resies koerant, het Vincent gesien Jacqueline gaan deur die ingang van die baan. Nadat sy deur is, het hy haar gevolg.

Jacqueline het ‘n resies vorm gekry. Vincent het gekyk hoe sy haar vinger oor die papier laat gly. Haar vinger het gestop. Sy het na die wed-venster gegaan, ‘n bod geplaas, en die strokie in haar beursie gedruk. Terwyl sy weggeloop het om die resies te aanskou, het Vincent haar gevolg. Die resies was op die punt om te begin.

Hy het gekyk hoe die hekke oopspring en die perde hulle resies begin. Jacqueline het nie regtig na die resies gekyk nie – sy het aanhou loer na haar polshorlosie, asof sy laat was vir iets. Die resies was verby en die wenner was ‘n 35-tot-1 lang perd met die naam “Joe’s Folly”. Vincent het gekyk hoe Jacqueline teruggaan na die wed-venster en haar bod strokie uithaal uit haar beursie. Nadat sy identifikasie gewys het, het die kaartjie agent haar ‘n groot hoeveelheid honderd doller note oorhandig. Blykbaar het sy haar gewende lotery krapkaart driehonderd doller gewed op die 35-tot-1 perd. Sy het oor die tienduisend doller in haar sak gedruk!

Vincent het begin om ‘n idee te kry ... as hy glo wat nou eintlik hier gebeur, het hy dalk ‘n goudmyn gevind vir die organisasie!

***


JACQUELINE HET DIE baan verlaat, onbewus van die man wat haar volg. Sy het weer ‘n taxi gestop en ingeklim om huis toe te gaan. As sy gou maak, sal sy die bus by die huis kan ontmoet en dan die kinders in die huis inhelp. Sy het die drywer haar adres gegee en hom ‘n groot tip gelowe as hy haar gou by haar bestemming kry.

Jacqueline het ‘n gawe. Sy het die vermoë gehad om die wenner van enige spel van kans te kan kies. Enige spel, al is dit ‘n lotery kaartjie, perde resies, sport wedstryd, vasvrae ... eenmaal selfs ‘n kalkoen skietery. Sy het altyd geweet wat die uitkoms sal wees en in speletjies waar sy deelgeneem het, was sy altyd die wenner.

Soos sy groter en ouer geword het, het sy besef nie almal kan doen wat sy kon doen nie. Haar vriende het uiteindelik opgehou bordspeletjies speel wanneer sy saam speel omdat sy altyd gewen het ... nie omdat sy kroek nie, maar deur te weet watter skuiwe om te maak om haarself die voordeel te gee. Haar beste vriendin op hoërskool, Dawn Price, het eenmaal vir haar gesê, “Jackie, wat is ‘n speletjie as jy nooit verloor nie? Dit is nie meer ‘n speletjie as jy die heeltyd wen nie!” Jacqueline het daardie opmerking ter harte geneem. Sy het haar gawe gebruik, maar nooit vir veel nie ... en net om die kinders te help.

Vandag se wen by die baan was ‘n geweldige meervaller. Een keer ‘n maand, sal Jacqueline haar krap kaart wengeld neem na die resies baan om haar wengeld te vermenigvuldig, maar onbekende perde soos Joe’s Folly het nie altyd met haar gebeur nie. Wanneer dit gebeur het, was dit gewoonlik net betyds om ‘n ongewone item te koop wat die kinders nodig het. Soos vandag – dit kan nou die koste dek vir die herstel van Jennie Lou se rolstoel en ook nuwe klere koop vir die seuns – hulle groei so vinnig! – en ‘n paar kruideniersware ook, en miskien is daar nog oor om die kinders uit te neem vir McDonalds’ ... of miskien pizza.

Jacqueline Belew is ‘n pleegma vir vyf spesiale behoeftes kinders. Die staat betaal ‘n fooi om hulle te ondersteun, en haar groep huis, maar dit was nie genoeg om hulle gesond, gevoed, geklee en veilig te hou nie. As dit nie was vir haar gawe nie, sou sy nie geweet het wat om te doen nie.

***


VINCENT HET DIE TAXI gevolg. Sy gedagtes het gewerk terwyl hy ry, soos hy probeer om die besonderhede uit te werk ... en, soos altyd, het sy observasie vaardighede gewerk op ‘n onbewustelike vlak. Hy het verskeie straat name gesien en elkeen onthou. Toe hy sien die taxi stop voor ‘n groot dubbel-verdieping huis wat gerieflik gelyk het, in Peach Straat, het hy na die huis nommer gekyk, sonder om eers daaraan te dink terwyl hy verby ry en regs draai by die volgende straat.

Hy het besluit hy het nodig om Jacqueline Belew ‘n bietjie langer dop te hou. Hy het ‘n skerp kant nodig.

***


VINCENT HET SY SKERP kant gesien vyf-en-veertig minute later.

Vroeër, toe hy regs gedraai het by die volgende straat, het hy weer regs gedraai. Hy het toe in hierdie straat – Cherry Straat – geparkeer – en uit sy kar geklim. Hy het die agterplaas van ‘n huis in Cherry Straat deur geloop en oor die muur gespring na die agterplaas van ‘n huis in Peach Straat. Hy het geklop aan die agterdeur van die huis.

‘n Paar sekondes later het ‘n vrou die deur oopgemaak. Vincent het haar oortuig om hom in haar huis te laat ingaan deur vir haar sy vyf-en-veertig semi-outomatiese vlekvrye staal geweer in die son te laat glinster. Toe hy eers binne was, het hy die vrou gewys hoe vinnig hy kan werk deur een van die semi-outomatiese metaal stukkies in haar kop te plant. Toe het hy die vrou net eenmaal gewys hoe om ‘n gevriesde pak groente na te maak deur dit dop te hou binne in die vrieskas.

Met geen uitnodiging om homself tuis te maak nie, het Vincent die huis deur geloop. In die hoofslaapkamer, het hy ‘n verkyker ontdek. Geen probleem om dit te gebruik het uit die vrieskas gekom nie, so Vincent het die lekker visuele hulp geneem en sitkamer toe gegaan en gefokus op die huis wat behoort aan Jacqueline Belew.

Jacqueline het tyd gehad om ‘n beker limonade te maak voordat die spesiale skool bus gearriveer het. Dit het reg voor die huis gestop, met die deure perfek in lyn met die sypaadjie. Die drywer, Mike Woods, het vrolik die bus se toeter geblaas dat dit klink soos ‘n “skeer en ‘n haarsny” liedjie, wat altyd vir Jacqueline laat glimlag het.

Terwyl sy uitloop buitentoe, het sy ‘n bak met koekies wat sy die vorige aand gebak het, opgetel. Toe sy buite by die randsteen aankom, het Mike die drywer alreeds die deure oopgemaak en twee van die kinders uitgehelp. Beide kinders was seuns, en beide het been stutte gedra. Hulle het na die bus gedraai en elkeen ‘n hand uitgehou. ‘n Meisie, wat ook been stutte gedra het, het in die bus se deur gestaan. Sy het afgekyk na die seuns, geglimlag, en een van haar hande aan elkeen van hulle gegee. Hulle het styf vasgehou terwyl sy haarself by die trappe afgehelp het.

“Dankie, menere,” het die meisie gesê, met ‘n gemaakte Engelse aksent. Sy het haarself weg van die deur van die bus af gewerk en toe terug gedraai.

Jacqueline, het intussen langs Mike gaan staan en het hierdie gebeurtenis aanskou. Jacqueline het geglimlag.

“Ek reken ons het hulle mooi geleer, Mike. Hulle is nou ‘n regte gesin,” het sy stil aan die groot bus drywer gesê.

“Hulle kyk beslis uit vir mekaar, Juffrou Jackie,” het Mike gesê. Toe, baie saggies, het hy bygevoeg, “Phillip is regtig beskermend teenoor haar vandag. Hy het nogal kriewelrig geraak terwyl ek haar in die bus in gehelp het by die skool.”

Jacqueline het bekommerd gelyk en ook saggies gepraat: “Het hy jou moeilikheid gegee?”

Mike het sy kop geskud. “Nee, maar hy het regtig begin ruk – vorentoe en agtertoe. Jennie Lou het hom bietjie kalmeer, maar hy was nog kriewelrig.”

Die jongman onder bespreking, Phillip Wheeler, het volgende uit die bus geklim, met ‘n gevoude rolstoel in die arms. Hy het dit vinnig oopgevou, en toe teruggeklim op die bus. ‘n Paar minute later, het hy met ‘n meisie in sy arms by die trappe afgeklim. Hy het haar saggies op haar rolstoel neergesit, die armleunings platgeslaan en die meisie se hand om die beheer stok geplaas. Toe hy klaar is, het hy regop gestaan ... maar het vorentoe en agtertoe geruk op die plek, terwyl hy na niks kyk nie.

Outisme suig, het Jackie gedink.

Phillip het nou al sewe jaar by Jackie gebly. Sy het geen idee gehad wat sy agtergrond is nie – ‘n kinderhof regter het sy lêers permanent verseël.

Terwyl sy kyk hoe Jennie Lou Gwin sukkel met die beheerstok, het Jackie die motor ongeluk vervloek wat Jennie Lou in die rolstoel gesit het vyf jaar terug. Jennie Lou was amper ‘n kwadrupleeg, maar sy het nog sommige gebruik in haar regterhand gehad, en sy kon haar kop lig. Die ongeluk het haar ouers en broer weggeneem. Sy is nou al drie jaar by Jackie.

Phillip het homself aan Jennie Lou vasgemaak van die begin af. Jennie het Phillip se sorg vir vir haar aanvaar, en het hom gereeld in haar vertroue geneem. Miskien op ‘n onbewustelike manier, het Jennie herken dat Phillip haar soveel nodig het soos sy vir hom, en Jackie het gevrees hoe ver Phillip in homself sou gekeer het as dit nie vir Jennie Lou was nie.

Jennie Lou is sestien. Phillip is sewentien. Phillip is twee duim oor twee voet en was baie gespierd. Hy kon iemand seer maak sonder om dit te bedoel, maar Jennie Lou het hom kalm gehou.

Meeste van die tyd.

Die twee seuns met die beenstutte is Nicky Watson en Tommy Larkin. Nicky het erg polio gehad wat sy linker been omtrent nutteloos gelaat het. Hy het nooit die polio teen-inspuiting gehad nie ... sy ma was ‘n dwelm verslaafde prostituut en het nie die moeite gedoen met dinge wat sy as onnodig beskou het nie, soos kos, klere of mediese sorg vir haar seun. Sy het ‘n oordosis geneem en gesterf terwyl sy ‘n kliënt in haar vuil slaapkamer vermaak het. Haar kliënt het opgelet dat sy ophou asemhaal het maar het nog steeds sy besigheid klaar gemaak. Toe hy klaar is het hy aangetrek en gewaai. Nicky was alleen vir twee dae voor hy ontdek was en na Kinder Dienste geneem is. Hy was Jackie se eerste Pleegkind en het nou al agt jaar by haar gebly. Hy het beweer dat hy nie sy regte ma onthou nie.

Tommy is gebore in ‘n gegoede middel-hoër klas gesin. Sy pa was ‘n suksesvolle bank baas ... totdat die eiendoms mark plat geval het. Die suksesvolle bank baas was skielik ‘n werklose individu wat ‘n moontlike aanklagte vir lening bedrog in die gesig gestaar het. Die man het huis toe gekom met ‘n glimlag op sy gesig, sy lieflike vrou twaalf keer gesteek met die slagtersmes uit die kombuis en sy seun vir dood gelos met verskeie steek wonde ... een wat laag in sy rugstring was en amper sy rugsenuwee afgesny het. Tommy se pa het toe na die stoor langs die swembad gegaan, die grassnyer geneem, die enjin aangesluit, die onderstebo gedraai en beide sy arms tot by sy elmboë tussen die draaiende lemme ingedruk. Hy het doodgebloei in sy eie agterplaas terwyl hy vir die hemel gelag het. Dokters kon die meeste van Tommy se senuwees herbou maar hy het nog steeds nie die volle gebruik van sy bene nie ... daarom die beenstutte. Tommy was die nuutste byvoeging tot die groep huis – hy was nou ‘n jaar daar. Hy het nog steeds nagmerries oor sy pa se malse glimlag terwyl hy sy enigste kind herhaaldelik met ‘n mes steek.

Nicky is dertien en Tommy is twaalf.

Die jong meisie met die stutte en kieries is Cynthia Rudisill. Cynthia het serebrale gestremdheid. Dit was ‘n ligte geval, maar nog steeds verlammend. Cynthia se ma het besluit dat SG meer is as wat sy kon hanteer in vandag se lewe, so sy het eenvoudig die kind na Kinderdienste geneem en haar daar gelos, net soos wat sy ‘n rondloper hond by die DBV sou gaan aflaai. Die vrou se gewete het haar net mooi niks gepla oor wat sy gedoen het nie ... so ver as wat sy omgee, het sy eenvoudig net van ‘n probleem ontslae geraak.

Cynthia is nou al ses jaar by Jackie. Cynthia se ma het twee jaar in die staatstronk spandeer vir kinder wegsmyting en het haar ouerlike regte laat termineer. Sy het nie veel omgegee nie en het na die anderkant van die land verhuis nadat sy vrygelaat is uit die tronk. Cynthia se pa is nie gelys op haar geboorte sertifikaat nie, en geen van haar ma se familie wou sorg vir ‘n kind met brein gestremdheid nie. Cynthia is twaalf jaar oud.

Hierdie spesiale behoeftes kinders is almal in Jacqueline se sorg geplaas in haar groep huis. Jackie se huis reëls was eenvoudig: Wees lief vir mekaar. Kyk uit vir mekaar. Aanvaar mekaar soos broers en susters en weet dat Jackie hulle almal onverbiddelik en onvoorwaardelik lief het. In alle opsigte, behalwe biologies, is Jacqueline die ma van hierdie kinders ... en sal enigiets vir hulle doen.

Haar bynaam, Jackie Blue, het by Philip ontstaan. Hy kon nie so mooi praat toe hy net by haar aangekom het nie. Na herhalende herhaling van haar naam, het Jackie hom gevra om dit te herhaal.

“Jackie Blue!” het hy geskreeu. Die naam het gebly en elke kind het dit ook aangeneem. Jackie was geamuseer en het dit met genade aanvaar. Dit was nogal soort van aantreklik vir haar.

“Kinders!” het Jackie geroep. “Haai, kinders!” Hulle het omgedraai om na haar te kyk, behalwe Phillip. Hy het aanhou staar na niks, maar sy het geweet hy het haar gehoor.

“Moet ons iets aan Mnr. Mike bied?” het sy gevra en die plastiek koekieblik geskud.

Herkenning het op elkeen van die kindergesigte verskyn. Gille van “Koekies!” en “Mnr. Mike ons het koekies gebak!” en “Probeer een asseblief, Mnr. Mike!” het mekaar geëggo. Al die kinders het geglimlag, selfs Phillip, en hulle het almal om die bus drywer gebondel.

Laggend het Mike gesê, “Oukei, julle groot klomp rotjies! Gee ‘n man ‘n paar, asb?” Kinders het gelag en geglimlag terwyl die groot man ‘n koekie uit die blik haal wat Jacqueline na hom uitgehou het. Hy het ‘n happie gevat en met ‘n uitdrukking van plesier op sy gesig. “Grondboontjiebotter! My gunsteling soort!”

Die kinders het almal beurte gemaak om te sê, “Ek’s bly!” of “Grondboontjiebotter was my idee!” Phillip het so ewe lank genoeg op hou wieg om te sê, “Mike hou van Grondboontjiebotter!”

Jacqueline het na die bus drywer gedraai. “Mnr. Mike, dankie dat jy my kinders nog ‘n keer veilig huis toe gebring het,” en hom op sy wang gesoen.

Mike Woods het diep gebloos en na die grond gekyk. “Net my werk gedoen, Juffrou Jackie,” het hy skaapagtig gesê.

Skielik het al die kinders Mike ‘n groot druk gegee. Selfs Phillip het ‘n arm om die bus drywer gesit en sy rug geklop.

Jacqueline het glimlaggend gesê, “Oukei, kinders, daar is limonade in die huis om saam met die koekies en huiswerk te gaan. Weg is julle!” Sy het haar hande geklap. Die kinders het almal na die huis gedraai, en Phillip het Jennie Lou se rolstoel gestoot. Hulle het almal gewaai vir Mike en dinge soos “Baai!” en “Sien meneer more oggend!” geroep. Die drywer het terug in die bus geklim terwyl die saamgeflanste gesin die huis in loop.

“Nader aan mekaar as meeste verwante gesinne,” het Mike vir homself gesê, terwyl hy in sy bus klim en kyk hoe die gesin in die huis in gaan.

***


VINCENT HET SY KOMPLIMENTÊRE verkyker laat sak. ‘n Huis vol kreupeles en vertraagdes, het hy gedink.

Dit gaan makliker wees as wat hy gedink het.

***


DAARDIE AAND HET JACKIE al die kinders in die bed gesit. Phillip, as die oudste, het sy eie kamer gehad. Jackie het Jennie Lou in die bed gesit en haar gesoen, so ook vir Cynthia en genoem dat sy lief is vir hulle. Daarna het sy dieselfde vir Nicky en Tommy gedoen.

Jackie het na Phillip se kamer gegaan. Phillip het op sy bed gesit in sy pajamas en na sy venster gekyk. Sy het vorentoe en agtertoe gewieg. Jackie was bekommerd omdat Phillip net gewieg het wanneer hy bekommerd is.

“Phillip, wat ’s fout? het sy gevra. Sy het nie ‘n antwoord verwag nie omdat hy dit moeilik vind om te vokaliseer wanneer hy ontsteld is. Hy het net vinniger gewieg.

Jackie het haar hand op sy skouer gesit en na sy gesig gekyk. Sy oë was gefokus op die venster. Sy het gedraai en by die venster uitgekyk.

Daar was polisie karre en ‘n ambulans by Mev. Morgan se huis oorkant die straat. Bure het saamgedrom op die sypaadjie agter “misdaad toneel moenie verbysteek nie” geel band. Iets vreeslik moes gebeur het.

“Phillip,” het Jackie gesê, “jy moenie bekommerd wees oor Mev. Morgan nie. Ek is jammer dat dit lyk of iets by haar huis gebeur het, maar dis niks waaroor jy jou hoef te bekommer nie. Jy is veilig hier by ons huis.”

Sy het liefdevol die seun onder die komberse ingeskuif en hom toegemaak. Sy het hom gesoen op die voorkop. Phillip het gelyk of hy ontspan en sy oë toegemaak.

“Goeie nag, blink ridder,” het Jackie gefluister. Die seun het geglimlag en aan die slaap geraak.

***


DIE VOLGENDE OGGEND nadat die kinders weg is skool toe, het Jackie twee blokke gestap na die bushalte. Sy het die bus geneem in dorp toe en afgeklim by Kwikstuff, die Pakistani se gerief winkel.

Vincent het haar gevolg.

Jackie Blue

Подняться наверх