'n Wêreld sonder grense
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Alexander Strachan. 'n Wêreld sonder grense
Herinnering
Die laaste RV
Grootmanne se hoesgoed
Koebaai
Vergelding
Nagvlug
Die muurprent
By die huis
Visioen
Отрывок из книги
Alexander Strachan
’n Wêreld sonder grense
.....
Vanjaar is daar ’n meisie tussen die gaste. Sy is skraal en tingerig en bly die meeste van die tyd eenkant. Ek hou haar dop en toe hulle die vure aansteek, staan ons agter die rondawel, met my hand wat al oor haar wang vryf. Sy is bewerig soos die windhondteef. Maar dan is daar ’n geritsel van blare en ek herken die vorm van Ma se liggaam. “Ek haat jou,” sis ek deur my tande.
’n Week later is die mense weg en het die wind begin waai. Laat Augustusmaandwinde. Dag en nag. Ek dwaal op die werf rond en kom op die leë bierbottels af – al wat oor is van die stemme, die lag en plesier wat ’n week gelede oor die werf geklink het. Ek lê in my kamer op die bed. Ek weet ek moet opstaan om ander mense te soek. Maar ek kon my nog nooit sover kry nie, hoekom sal ek dit nou doen?
.....