Fransi en die filmster
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Anita du Preez. Fransi en die filmster
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
Inhoudsopgawe
Отрывок из книги
Fransi en die filmster
Anita du Preez
.....
Aanvanklik sien hy haar nie eens raak daar eenkant in haar overalls en army boots voor haar werkstafel nie, maar dan ontmoet Franscheska Fouché en Matt Delmayer se oë bo-oor alles en almal om hulle. En net daar is hulle pure Gone with the Wind. Want verlief raak, lyk sover sy weet in alle eeue presies dieselfde. Scarlett O’Hara is nie ’n patch op ’n ademlose Fransi nie en Rhett Butler sou sy storie moes ken om die intense uitdrukking in Matt se oë na te boots. Die vonke spat behoorlik en almal kan sien dit kom nie van die Eskomkabels wat oral rondlê nie.
En hét die man nie ’n paar oë aan hom nie. Smeulend, sensueel, vlammend . . . Elke vrou op aarde sal getuig dat daar nie genoeg vurig romantiese woorde bestaan om Matt Delmayer se broeiende swartbruin kykers, wat nou met soveel erns op Fransi gerig is, te beskryf nie.
.....