’n Spierwit geraamte wat teen kranse uitklim. ’n Skrikaanjaende gedaante wat uit ’n rookwolkie vorm aanneem. Die vaskyk in die gesig van ’n dooie … met een oog wat nog lewe! Hierdie grieselige spookstories dateer van die begin van die vorige eeu, maar die indrukwekkende vertellings, ongewone intriges en ontknopings hou lesers vandag nog net so hoendervel en vasgenael soos destyds. C.J. Langenhoven se ervarings as regsgeleerde, parlementslid en joernalis, sy kennis van die sielkunde, die natuur en van die Klein-Karoo – dit alles kom in sy skryfwerk na vore. Met spitsvondigheid, erns en satire gee hy vir ons in die een-en-twintigste eeu ’n sonderlinge beeld van vergange jare; ’n tyd van handkoffers en perdekarre, en toentertyd se Groot Griep. Toe skyndooies alte maklik lewend begrawe is …
Оглавление
Danie Botha. Die beste spookstories van C.J. Langenhoven
Van die samesteller
Uit: Geeste op aarde
Inleiding
Inspekteur Holsemeer se verhaal
Volksraadslid Duiwenal se verhaal
Rens van Rensburg se verhaal
Oom Dolf se verhaal
Ds. Enkeldoorn se verhaal
Koos Smit se verhaal
Professor Vandelier se verhaal
Nawoord
Uit: Aan stille waters I
My spook-ontmoeting op die En-See-See
Die skaduwee van die skyndood
Bestelling met ’n spook
Uit: Die wandelende geraamte en ander verskynings
Redelike geeste
Die wandelende geraamte
Die spook van Vergeleë
Die laaste roos
Die verdwyning van Flip Loots
Die vrou voor die hek
Die hangspook
Die spoor
Отрывок из книги
C. J. Langenhoven
’n Keuse deur Danie Botha
.....
Toe ek weer sien, stap ek langes die heining af in die rigting van die opstal, onder die dwang van ’n onweerstaanbare krag. Ek moet my bewustheid by dié tyd verloor het want ek kon die dag daarna nie onthou nie en ek onthou vandag nog nie, hoedat ek die ent afgelê het langes die heining af nie. Toe ek weer by myselwe kom, staan ek op die stoep, voor die voordeur. Die deur is nog heel en hy staan toe. Die sleutels word uit my sak gehaal, een daarvan word in die sleutelgat gesteek en omgedraai. Toe draai die knop. Die voordeur gaan oop met skreeuende skarniere.
Binne is ’n groot voorkamer, ’n tafel in die middel, rusbank en stoele langes die mure. Die maan skyn helder deur die oop voordeur en die gate van die vensters, en een plek deur ’n gat in die solder waar geen dak oor was nie.