'n Blonde bom
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Dihanna Taute. 'n Blonde bom
Отрывок из книги
Human & Rousseau
(malwees-saamwees) is mos vir altyd.
.....
Ongelukkig moet ek bely: Ek is jaloers op Ma. Nie dat ek dit aan haar sal erken nie, maar ek sal seker moet om verskoning gaan vra. Of iets naby genoeg daaraan. Om my soos ’n tweejarige bedorwe brok te gedra terwyl ek eintlik amper agtien is, is só twee jaar terug.
Ek rits die tent oop en loop karavaan toe. Sy’s nie daar nie. Ek loer deur die venstertjie en sien haar by die ablusieblokke uitkom. Sy lyk sommer tien jaar jonger in haar geel somerrok en haar hare wat op haar skouers hang, met die son wat rooi strepe daaroor gooi. Vrolik. Selfs die week se bietjie sonbrand laat haar nogal gesonder lyk as ’n jaar terug, toe sy soos ’n spook in die huis rondgedwaal het. Dankie tog dis verby!
.....