'n Hemelhoë hekkie

Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Douwleen Bredenhann. 'n Hemelhoë hekkie
Bedankings
Vooraf
Die lewe glimlag
Eenhonderd-en-twintig onwerklike ure
Saterdag
Sondag
Ons moet ons kind begrawe
Hoe verwerk ’n mens só iets?
’n Leë huis
Weet ’n mens vooraf iets?
Die eerste weke
Spyt en skuldgevoelens
Die media en die hofsaak
Treurende ouers
Die huis en die trek
Geloofskrisis of geloofsreis?
Mylpale
Hoe moord ander kinders affekteer
Depressie
Ons leef voort
21 Kersfeeste
Wat ek nóú weet
Nuwe meetsnoere
Aan Piet Strydom
Oor die boek
Oor die skrywer
Lof vir ’n Hemelhoë hekkie
Отрывок из книги
’n Hemelhoë hekkie
Douwleen Bredenhann
.....
Dit was die begin van ’n sonderlinge verhouding tussen jou en Milky. Hy het jou as sy leier gesien en geen geheim daarvan gemaak dat jy sy gunstelinglid van die gesin was nie. Selfs met sy toiletopleiding het jy jou kant gebring. Ek sien nog hoe jy met die skoppie al agter hom aan hardloop om slagystertjies te onderskep voordat dit die matte tref.
Milky het gemengde gevoelens oor julle twee se baljaardery by die swembad gehad. Hy was mal daaroor om jou op en af te jaag wanneer jy vryslag geswem het, maar het niks daarvan gehou wanneer jy lang ente onder water geswem het nadat jy ingeduik het nie. Dan het hy angstig geblaf en nie geweet waar om te begin met die soektog na jou nie.
.....