Adriaan se ma wen ’n reis op ’n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam – versteek in Adriaan se drasak. Toe seerowers die skip naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom. Op die koop toe gaan soek Willem en Adriaan ‘n versteekte skat op die piepklein eilandjie, Tromelin.
Оглавление
Elizabeth Wasserman. Speurhond Willem en die seerowers
1. My ma kry goeie nuus
2. Teëspoed
3. Voorbereidings
4. Ons vertrek
5. Op see
6. Vreemde gebeure
7 ’n Donker, stormagtige nag …
8. Gyselaars!
9. Willem se operasionele sentrum
10 ’n Opdrag van Hoofkwartier
11. Planne
12. Ons buit ’n boot
13. In volle vaart
14. Tromelin-eiland
15. Skattejag
16. Op die rif
17. La Buse se skat
18. Vinnig speel
19. Slim vang sy baas!
20. So amper-amper
21. Onderhandelinge met die seerowers
22. Buite gevaar . . . of nie?
23. My ma kry ’n present
Отрывок из книги
Speurhond Willem en die seerowers
Elizabeth Wasserman
.....
Haar gesig val effens, maar net ’n bietjie.
“O, jammer, Adriaan. Dit is ongelukkig nie moontlik nie. Die prys is vir twee, jy sien, en ek en jou pa . . .”