Glimlag van die sekelmaan
Реклама. ООО «ЛитРес», ИНН: 7719571260.
Оглавление
Elize Mitchell. Glimlag van die sekelmaan
~ 1 ~
~ 2 ~
~ 3 ~
~ 4 ~
~ 5 ~
~ 6 ~
~ 7 ~
~ 8 ~
~ 9 ~
~ 10 ~
~ 11 ~
~ 12 ~
~ 13 ~
~ 14 ~
Отрывок из книги
Glimlag van die sekelmaan
Elize Mitchell
.....
Die man sukkel om haar in die oë te kyk. “Ek het gedink jy weet, want jou man het reeds talle aanmanings daaroor ontvang. Dit moes al ses maande gelede gebeur het, maar elke keer het hy iets op die skuld kom afbetaal en sodoende weer ’n bietjie tyd gewen. Ek is bevrees dis hierdie keer finaal. Om die waarheid te sê, daar is reeds ’n datum vir die veiling vasgestel. Dit sal goed wees as jy die huis so gou as moontlik kan ontruim. Ek is vreeslik jammer hieroor ...” Sy woorde droog op.
Nina voel hoe trane van vernedering in haar oë brand en draai haar rug op hom. Sy is tot in haar siel geskok deur die nuus. Sy probeer om haarself te beheer, maar die trane stroom oor haar wange toe sy vinnig die bank verlaat. Leon het dan tog die finale hou ingekry, daarin geslaag om haar heeltemal te ruïneer, dink sy bitter.
.....